In die begin van Hoofstuk 29 praat Storm met ‘n middeljarige vrou, die vrou se antwoorde wys na Gail. Wat dink jy van Gail se vertroubaarheid?
Kai sê vir Jane dat Eldred sy held is, dink jy daar gaan ‘n tyd wees waar dit gaan heeltemal verander?
Het jy gedink dat Jane die woodii ontvang het? Of het jy geweet dit was ‘n leuen?
Was jy verbaas om te lees dat Doktor Beatrice Wride en die joernalis, Sebastiaan Cornje al voorheen betrokke was met Jane?
Wie dink jy is die mol?
Dink jy Moerdyk sal ‘n nuwe verhouding met Lelanie skep?
By die Pearly Beach-klub, lê Kai alles op die tafel. Dink jy sy en Jane se plan sal uitwerk?
Wie dink jy het die vroulike E.woodii gesteel? Dink jy dit was Eldred?
Kai gee Storm die redes hoekom Jane haar agter Kai gestuur het. Watter een dink jy is die moontlike antwoord?
Wie dink jy het vir Kai geskiet?
3 responses to “Kanniedood dag drie”
-
Marieksreads_za
1. Ek dink sy kan vertrou word maar slegs vir die regte prys.
2. Ja, ek dink hoe donkerder Eldred word hoe moeiliker gaan dit vir Kai word om hom as ‘n held te bly sien.
3. Ek dink nie dit was Jane gewees nie. Maar ek weet nogsteeds nie of ek heeltemal vir Jane vertrou nie.
4. Ja, ek wonder baie oor die gaste.
5. Geen idee nie.
6. Ek dink daar is dalk nog gevoelens daar so dis moontlik veral omdat Storm hom eintlik net as ‘n goeie vriend sien.
7. Ek weet nie. Dis ‘n plan wat baie maklik kan lei na ‘n rugsteking. Ek weet ook nie of ek regtig vir Jane en/of Kai vertrou nie.
8. Ek dink dit was Eldred ja, maar wie agter die diefstal en alles sit dit weet ek nie.
9. Ek dink al 3.
10. Een van die gangsters wat vir Storm agtervolg het. -
books.bubbles.beach – Liza
1. Gail is nie baie vertroubaar nie, sy doen dit maar net vir die geld.
2.Ek dink hy sal altyd Kai se held bly. Dis hoe hy grootgemaak is – om na sy ouer half-broer op te kyk.
3.Ek dink nie Jane het dit ooit ontvang nie.
4.Baie verbaas. Nou lyk dit nie meer of almal wat Jane by haar het nie, is vertroubaar nie.
5.Weet nog nie – daar is te baie mense wie dit kan wees.
6. Ek dink hulle sal by mekaar weer uitkom.
7.Klink na ‘n gevaarlike plan.
8.Dit kan baie moontlik Elred wees.
9.Ek dink Red het vir Kai geskiet. -
Helen Faber
1. Gail is nogal onbetroubaar, alles gaan vir haar oor geld as ek dit so luister.
2. Definitief. Kai is baie sagter as sy broer en het meer deernis vir die natuur. Een of ander tyd gaan hy sy broer begin verpes vir die skade wat hy maak.
3. Ek het gedink sy het hom ontvang. Ek het nie eens geraai dat dit ‘n leuen is nie.
4. Nogal, ja. Jane is eintlik ‘n baie besige mens, maar mens sou dit nooit dink nie.
5. Ek dink dis Xavi – sy is naaste aan Jane.
6. Ek dink nogal so – ek vermoed hy en sy gaan weer saam opeindig, en dalk Storm en Kai…
7. Dis baie gevaarlik, so dit is moeilik om te sê. Daar is baie wat verkeerd kan gaan.
8. Ek dink dit is wie okal agter die stroping sit, en ek dink nie Eldred is die grootkop nie.
9. Ek dink dis tien teen een die hele lys, eerlikwaar.
10. Sy broer of sy broer se thugs.



Leave a Reply