[aioseo_breadcrumbs]

Kanniedood dag een

Was jy verbaas om te leer dat een van die manne wat Storm ontvoer het is haar ‘dooie’ ekslover?

Dink jy dié ou het sy eie moord vervals?

Hoe dink jy gaan Kai se ma se dood die storie beïnvloed?

Dink jy die moord van Mevrou Gertie, Kai se ma, is die rede dat Storm ontvoer is?

Oppad Hermanus toe luister Moerdyk na Karen Zoid. Watter Afrikaanse sanger is jou gunsteling?

Wat dink jy van die interaksie tussen Moerdyk en Storm?

Dink jy die advies wat die dokter vir Kai gegee het was sleg of met ‘n ander doel gegee? As jy dink die advies was vir ‘n ander doel
gegee, dink jy dit was so dat Kai gevang word?

Wie dink jy betaal vir Kai se studies?

In die agste hoofstuk deel Storm met ons haar sonde, dis whisky. Wat sal jy sê is jou sonde wat jy nie sonder kan leef nie?

Was jy verbaas om te lees dat Storm en Kai ‘n verhouding gehad het?

Wie dink jy is die elfde hoofstuk oor?

Hoekom dink jy het Shrine Storm se naam deur die modder gesleep?

Dink jy Moerdyk het die erf gekoop of dink jy die mense vir wie hy die geld gegee het het sy geld gesteel?


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 responses to “Kanniedood dag een”

  1. Marieksreads_za Avatar
    Marieksreads_za

    Ja ek was verbaas, ek was ook vir ‘n oomblik baie deurmekaar, maar het wel vinnig agter gekom dat die eerste hoofstuk nog moet gebeur. Dit het my net nuuskierig gemaak.

    Wie ook al dit is klink gevaarlik so dit sal my glad nie verbaas as hy sy dood vervals het nie.

    Ek dink haar dood is een van die dinge wat die bal aan die rol gaan kry.

    Nie direk nie maar ek dink haar dood gaan Leo daarna dat Storm dinge oopvlek wat sy nie moes nie en dit lei tien teen een na haar ontvoering.

    Francois Van Coke

    Joh, ek weet nie sukkel om vat plek aan Moerdyk te kry.

    Ek het nie so daaraan gedink nie. Het wel iets nuuts oor Helium geleer.

    Hyself dalk het hy ‘n beurs?

    Die gaan nou na ‘n regte “cliche” klink maar lees, lees is my so de waar sonder ek nie sou kan leef nie.

    Ja ek was verbaas dat hulle ‘n verhouding gehad het. Dit het my ook dadelik laat wonder of Kai dalk die voormalige “dooie” ekslover is. Maar ek weet nog nie of ek die gevaarlikke “vibe” van Kai af kry nie.

    Ek het 1 of 2 vermoedens maar kan nog nie sê nie.

    Ek dink dis te doen met jaloesie

    Shame ek dink hy het geval vir ‘n “scam”

  2. Helen Faber Avatar
    Helen Faber

    1. Definitief, ja! Wat ‘n twist sommer reg aan die begin.
    2. Wel, hy moes…anders, hoe kan hy daar wees nadat hy ‘dood’ is?
    3. Kai is duidelik ‘n belangrike karakter in die verhaal … en dit is ongelukkig moord in Suid Afrika, wat dit moeilik maak…
    4. Nee, ek glo nie dit is sooo relevant nie
    5. Ek hou nogal baie van Red Sheep se musiek!
    6. Ek weet nie rerig nie … duidelik is hulle verhouding nie een van die gesondstes nie, maar dis al wat ek so ver kan sê
    7. Ek dink dat niemand vertrou kan word as ek die storie so ver lees nie, maar ek dink die dokter het dalk goed bedoel daarmee, in die sin van die familie help en so. Die tannie het nie meer ‘n lewe gehad nie.
    8. Tien teen een familie van hom of ‘n beurs
    9. Mm, dis ‘n moeilike een, aangesien ek nie drink, rook of parties toe gaan nie. Seker maar lees, as te veel lees ‘n sonde kan wees.
    10. Definitief. Ek sou nooit die twee saam plaas nie.
    11. Daar kan ek nog nie sê nie – ek het GEEN idee nie.
    12. Iemand het haar tien teen een gedreig of omgekoop uit die kartel uit om dit te doen, aangesien Storm geskiedenis met Kai het.
    13. Ek dink hulle het definitief sy geld gesteel. Hy gaan nooit die akte sien nie.

  3. books.bubbles.beach - Liza Avatar
    books.bubbles.beach – Liza

    1. Ek was nogals verbaas. Ek moes die eerste hoofstuk weer lees voordat ek besef het dis wat nog gaan gebeur. Die tweede hoofstuk het terug gegaan in tyd.
    2. Beslis ja.
    3. Ek weet nog nie hoekom Kai se ma se dood oorgeskryf is nie, maar kom ons wag en sien.
    4. Nee, daar is te veel ander dinge wat gebeur.
    5.Ek luister nie baie na Afrikaanse musiek nie, maar ek hou van Luna Paige se liedtjies. Sy sing in albei Engels en Afrikaans.
    6.Ek dink nie Moerdyk en Storm se verhouding is baie goed nie. Hulle klink nie baie verlief nie. Klink meer soos ‘n gerieflikheid.
    7. Ek dink die dr wou help as ‘n genade dood sodat Kai se ma nie meer hoef ly nie.
    8. Ek dink sy half broer help met sy studiegeld.
    9. Ek is lief vir my boeke en borrels (champagne). Ek drink dit nie elke dag nie, maar as ons uit gaan vir ete of kuier met vriende, dan geniet ek ‘n glas of twee borrels.
    10. Dit was verbassend vir my.
    11. Daar gaan nog ‘n tweede storielyn wees in die boek – wat dit is, weet ek nie.
    12. Ek dink Shireen is jaloers op Storm.
    13. Ek dink Moerdyk dink hy het die erf gekoop, maar hy is beslis geswindel.

  4. Catharina Simpson Avatar
    Catharina Simpson

    Ja ek was verbaas gewees om te sien haar ekslover het haar ontvoer. Kai se ma se dood gaan maak dat hulle meer oe op hom gaan sit en dus sal hy moet versigtiger wees. Ek dink hulle verhouding is afhanklik omdat hulle gemaklik is maar op die ander kant voel ek dat dit geforce voel veral toe hulle baklei want hulle bly se hulle het n nie vehouding maar tog het hulle n verhouding. Kai se studies was deur Eldred betaal hyt gese dat sy broer altyd vir sy ma uitgehelp het. Ek sal se my sonde is chocolates, ek love hulle baie. Ja ek was baie verbaas maar ek dink nie hulle het seker so n diep een gehad nie maar dit sal intresant wees om te sien wat het gebeur tussen hulle twee. Ek dink dit is storm se deel. Ek dink sy is deel van die bende en dit is hoekom sy vir haar gewaarsku het maar syt geweet storm gaan nie luister nie en so het sy met Mier gaan praat om storm entlik weg te kry. Ek dink hulle het Moerdyk se geld gesteel as deel van n scam.

  5. Sanri du Randt Avatar
    Sanri du Randt

    Nie regtig verbaas nie. Dis ‘n lekker kinkel in die kabel so aan die begin, wat ek dink ons later sal verstaan.

    Ja, ek dink hy het sy eie moord vervals.

    Ek dink die dood van Kai se ma gaan nog ‘n groot impak op die storie hê, groter as wat ons dink.

    Nee, ek dink nie dit is die rede hoekom Storm ontvoer is nie, dit sou te waarskynlik wees.

    Karlien van Jaarsveld is my gunsteling Afrikaanse sangeres.

    Moerdyk en Storm is ‘n interessante paartjie. Hulle verskil baie in geaardhede, maar dink hulle pas tog bymekaar. Dink beide se seerkry in die verlede maak dat hy vir hulle bedoel is.

    Ek dink die advies wat die dokter vir Kai gegee het was tog met ‘n goeie doel.

    Ek dink en vermoed Kai se broer het vir sy studies betaal of dit was Jane.

    My sonde is boeke, ek sal nooit daarsonder kan lewe nie.

    Moet sê ek was nogals verbaas oor Storm en Kai se vorige verhouding.

    Ek dink die 11de hoofstuk is oor Jane of Storm se ma.

    Ek dink Shrine is jaloers op Storm.

    Ek dink Moerdyk het regtig die erf gekoop.


Share This Article

Facebook
Twitter
Pinterest

Related Reviews