[aioseo_breadcrumbs]

Kanniedood dag twee

In die begin van Hoofstuk 13 sê Storm vir haarself dat sy ‘n goeie speurder is en dat alles sal reg uitwerk. Wat dink jy gaan reg loop en wat dink jy gaan verkeerd loop?

Hoekom dink jy is alles anders met Shirien?

Shirien glo dat die gangsters soek vir Storm. Dink jy Mier is ook een van die gangsters of dalk net in hulle sak?

Wat dink jy moet die persoon in Hoofstuk 14 doen?

Dink jy die Ai Ai Man is net besig om vir Moerdyk te paai?

Toe Storm met Mier gepraat het oor wat sy alles nog kan doen het hy gesê dat sy nerens naby die Kai Jonas saak mag kom nie. Dink jy die werk wat sy vir Jane gaan doen gaan ‘n probleem veroorsaak?

Jane sê sy wil nie die stropers vang nie maar sy wil eerder saam met hulle werk om vir hulle werk te gee sodat hulle vir hulle families kan sorg. Dink jy dit is ‘n goeie plan?

Dink jy Jane gaan probleme veroorsaak as sy agter die leiers van die kartelle gaan?

In Hoofstuk 20 kry ons ‘n kans om dieper in Kai se lewe te kyk. Wat dink jy van die laaste bladsy van die hoofstuk?

Wou jy meer inligting gehad het oor hoekom Jane Kai al die jare terug gehulp het?

Dink jy die armbandjie wat Moerdyk in Kirstenbosch gevind het gaan alles nou verander?

Moerdyk wonder of jy betrokke moet word aan die onopgeloste saak van die broodbomme heist. Dink jy hy moet weer betrokke raak?

Behalwe vir Nelis se wil om sy pa te sien, hoekom dink jy het Lelanie weer vir Moerdyk gekontak?


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 responses to “Kanniedood dag twee”

  1. books.bubbles.beach - Liza Avatar
    books.bubbles.beach – Liza

    1. Ek dink Storm se dit vir haarself sodat sy haarself kan oorreed dat alles okay gaan wees. Sy wil nie haar werk verloor nie – dit gaan goed uitwerk as sy dit se. En ek dink sy en Shireen gaan nie goed uitwerk nie. Shireen het te veel dinge gese.
    2. Shireen het dinge kwyt geraak oor Storm wat persoonlik moes bly. Storm het vir haar dinge gese in vertroue vertel.
    3. Ek dink nie Mier is in die gang nie, of in hulle sak nie. Wel ek hoop regtig nie so nie.
    4. Die persoon moet iemand skiet en dood maak.
    5. Miskien werk die ‘ai, ai’ man saam met die mense wat vir Moerdyk bedrieg het.
    6.Definitief.
    7. Nee, ek dink nie dit sal werk nie. Die stropers wil nie hard werk nie, hulle wil vinnig hulle geld maak. As hulle regte werk moet doen, sal dit nie genoeg geld vir hulle maak nie.
    8. Jane gaan nog veroorsaak dat sy en Storm iets oorkom.
    9. Ek hoop regtig dat Kai n goeie ou is en nie so skelm soos sy broer gaan uitdraai nie. Ons sal sien.
    10. Dit klink baie vreemd dat Jane net sommer so vir Kai sou help. Miskien is daar nog iets wat ons moet leer.
    11. Die armband gaan definitief erens weer opduik, want erens het ek weer gelees dat Kai nou weer n armband het. Iemand gaan sien dis die selfde.
    12.Hy moet ‘closure’ kry na 15 jaar.
    13. Ek dink sy het gehoor dat hy nou geld het, en sy wil weer by hom wees daarvoor.

  2. Sanri du Randt Avatar
    Sanri du Randt

    Ek dink alles gaan reg uitwerk met Storm en Moerdyk se verhouding, maar dat dinge met haar loopbaan bietjie skeef gaan loop.

    Ek dink dit is omdat Shirien jaloers is op Storm en meer weet as wat sy voorgee om te weet.

    Ek dink Mier is ook een van die gangsters.

    Ek dink die persoon in hoofstuk 14 moet ontslae raak van iemand.

    Ek dink die Ai Ai man praat tog die waarheid.

    Ek dink nie die werk wat Storm vir Jane gaan doen gaan ‘n probleem wees nie, maar daar gaan beslis mense wees wat nie daarvan gaan hou nie.

    Ek dink Jane het ‘n goeie plan beet en ek hoop dit gaan uitwerk.

    Jane gaan beslis probleme veroorsaak as sy agter die leiers van die kartel aangaan.

    Ek vind veral daardie laaste paragraaf interessant. Hoop dat Kai in sy voornemens sal slaag.

    Meer inligting oor hoekom Jane vir Kai destyds gehelp het sou baie van die storielyn weggee.

    Die armbandjie wat gevind is gaan beslis dinge verander.

    Ek dink Moerdyk moet weer betrokke raak by die broodbome saak, sal goed wees vir hom as mens ook.

    Ek vermoed Lelanie het bietjie van ‘n agenda, dalk is sy ernstig siek.

  3. Catharina Simpson Avatar
    Catharina Simpson

    Ek dink storm het die gedagte gehad om haarself te oortuig dat sy die regte besluite sal neem wanneer die tyd kom. Shiren kon dalk haarself en vir Storm beskerm en dit is hoekom sy haar in die rug gesteek het so te se. Ek weet nie so mooi van Mier nie maar as hy iets wou aan haar doen het en haar wou rerig weg kry van die saak sou hy haar al gekors het. Die persoon in hoofstuk 14 gaan sekerlik n ooreenkoms maak met wie ookal sy moet ontmoet het daardie dag. Haha ja ek dink daai man het rerig hom net wou omkrap sodat hy nie meer weet wat om te doen. Ek dink nie die werk wat sy vir Jane gaan doen sal n probleem wees nie, inteen deel dink ek dat dit hulle kan bevoordeel. Ja en nee, ja omdat sy probeer hulle families help maar nee want anders gaan hulle aan hou dit doen en net nooit ophou omdat dit baie geld maak nie. Eks nie seker wat vir Jane in verwagting is nie maar ek glo nie hulle gaan al die katrel kry nie. Ek dink dat kai weet sy broer is verkeerd en gaan probeer help dat hulle by die persoon uitkom wat die planne maak, hy se ook hys nie meer bleeksiel nie en dus het hy al goed gesien wat hy nooit sou sien omdat hy so baie reis. Ja ek dink ek sou wou meer weet oor hoekom jane kai so baie uithelp, is dit om haar te bevoordeel of wat gaan aan? Dis moontlik dat die alles kan verander hang af wie se bandjie dit is. Ja ek dink hy moet, miskien sal hy iets raak sien nadat hy weer gaan kyk het na die inligting. Ek dink lelanie wou haar seun by moerdyk los sodat hulle kan bond maar op die ander kant vind ek dit ook baie snaaks want syt vir jare nie kontank gemaak nie en nou wil sy weer terug instap.

  4. Helen Faber Avatar
    Helen Faber

    1. Haar ondersoek in Kai se ma se dood gaan verkeerd loop, maar ek is seker sy sal agter die kap van die byl kom. Haar en Shirien se vriendskap gaan nie goed uitwerk nie. Eintlik dink ek Storm sê dit vir haarself sodat sy moet beter voel oor alles wat tans besig is om skeef te loop.
    2. Omdat Shirien haar in die rug gesteek het. ‘n Vriendskap (veral tussen vrouens) herstel nie so maklik na so iets nie)
    3. Ek weet nie – Mier is vir my bietjie verdag. Ek dink hy is dalk net in hulle sak.
    4. Die persoon moet iemand skiet / doodmaak
    5. Ja, definitief. Ek dink ook nie hy weet wat aangaan nie.
    6. Ja, beslis. Dit ruik sommer na probleme, veral as ‘n speurder die werk moet doen.
    7. Ek dink dat dit op papier ‘n goeie plan is. Ongelukkig is mense nie so maklik wanneer dit by die prakties kom nie. Mens draai vinnig op mens as hulle ontevrede begin raak.
    8. Definitief! Jy kan nie so taak aanpak en nie probleme veroorsaak nie!
    9. Ek weet nie – ek hoop dat Kai nie soos sy broer uitdraai nie, en dat hy die beter pad sal kies.
    10. Ja! My nuuskierigheid kan nie! Ek is seker daar is nog iets wat ons moet lees / leer.
    11. Ongelukkig, ja. Ek dink Kai gaan nou uitgevang word, alles is nou besig om op te vang met hom.
    12. Nee. Sy lewe begin nou net weer op dreef kom. Hy kan uiteindelik sy seun sien en met sy eks praat asof hulle vrede het. Daardie saak gaan alles weer opmors.
    13. Dalk het sy ook gedink hy het dalk ‘n nuwe blad omgeslaan…en sy wil dalk sien wat hy deesdae met homself aanvang. Dalk het sy ook nog gevoelens vir hom…

  5. Marieksreads_za Avatar
    Marieksreads_za

    – Ek dink regtig Storm is goed in haar werk, maar ek dink ook als gaan verkeerd gaan voor dit regkom.
    – Ek wonder of Jaloesie iets daarmee te doen het.
    – Ek het al gewonder oor Mier. Ek hoop nie so nie.
    – Ontslae raak van iemand.
    – Beslis
    – Dit gaan definitief probleme veroorsaak.
    – Ek dink dit kan werk. Natuurlik nie vir die meesterbrein nie. Maar vir die ouens op die grond wat dit tien teen een net doen om kos op die tafel te sit.
    – Ja, hier gaan nog moeilikheid kom.
    – Ek dink Kai is een van daai mense wat regtig probeer goed doen. Maar omstandighede is nie altyd aan sy kant nie.
    – Ja ek wou. Hopelik kry ons nog meer inligting later in die boek.
    – Ja die armband is ‘n belangrike leidraad.
    – Ek dink hy moet.
    – Ek weet nie, maar iets voel “fishy” hoekom juis nou weer kontak maak?


Share This Article

Facebook
Twitter
Pinterest

Related Reviews