In Hoofstuk 9 praat die terapiegroep oor trauma en die liggaam se reaksie. Waarom dink jy wou Lola nie deel wat sy deurgemaak het nie?
Nou dat ons Thunderview gelees het, dink jy die persoon wat Lola gesien het was net haar verbeelding?
Jonah vra vir Lola hoekom dit so belangrik is om Asher se moord op te los. Sou jy ook so geïnteresseerd wees om Asher se moord op te los as jy in Lola se skoene was?
Was jy verbaas om te leer dat Jonah eintlik geïnteresseerd is in Olivia?
Dink jy Blake optree verdag?
Wat dink jy van die situasie met die psych-pasiënt in hoofstuk 10? Het jy ook ‘n bietjie gelag?
Melissa loop in terwyl Olivia en Lola met mekaar praat. Hoekom dink jy was Melissa so verdedigend?
Wie dink jy het in Meneer Stanley se lêer gepeuter?
Terwyl Lola in Melissa se kamer rondsnuffel, storm Justin in en begin Lola beskuldig dat sy altyd is waar sy nie hoort te wees nie. Wat dink jy van Justin se reaksie en Melissa se verskoning?
Wat dink jy weet Duke en Melissa van die kakkerlakke?
By die fondsinsamelingsdans, soen Blake amper vir Lola. Dink jy hy lei haar aan?
Oppad buitentoe hoor Lola weer vir Justin. Sy sien hoe Duke ‘n man vas hou en Justin wat die man slaan. Net soos wat sy dit sien, kom Melissa om te vra vir ‘n lift huis toe. Dink jy Melissa is deel van Justin en Duke se underhanded besigheid?
Toe Melissa en Lola by die huis aankom, sien Melissa ‘n persoon by Lola se kamerdeur. Dink jy dit kon dalk die spook van Asher wees? Net soos hoe Mandi vir Lola kom kuier, dink jy Asher probeer die selfde?
Wie se jas dink jy was opgehang by Lola se deur?
Hoekom dink jy waarskou Mandi dat Lola nie op die miere trap nie?
Meneer Stanley deel met Lola hoekom hy in die tronk is. Die storie is baie hartseer. Dink jy sy dogter sal nog vir hom kuier?
Suster Mema gee Lola meer agtergrond van wat tussen Asher en Dokter Herman gebeur het. Hoekom dink jy het Dokter Herman vir Asher gesê dat “he will burn for what he did”? Wat dink jy het Asher gedoen?
Ons leer dat Asher sy chantagegeld gebruik het om Cayden en haar familie te help. Wat dink jy hiervan?
Wat dink jy van Jonah se verrassing?
Justin het een van Lola se pilletjies probeer vat. Dink jy hy het ook ander goed van haar kamer weggeneem?
10 responses to “Waar bloed kruip dag drie”
-
@books.bubbles.beach
Lola wil nie hê dat die ander dink sy sien dinge nie.
Dit kan net haar verbeelding wees, ek dink sy lei aan psychotic episodes.
Ek sou nie so geintereseert wees nie, maar miskien omdat sy in Asher se ou kamer bly.
Ek was stom verslaan gedink hy hou van Lola.
Die psych pasient episode was snaaks maar baie bly so iets het nie met my gebeur nie. Ek sou sommer naar word.
Melissa weet nie wat Olivia vir Lola vertel nie, maar sy weet seker dis iets slegs van haar.
Een van die 3 huismaats het met die lêer gepeuter.
Justin doen iets onwettig en is bang Lola vind uit. Melissa probeer om te vrede te hou.
Ek is seker een van hulle het die kakkerlakke in Lola se kamer geplant.
Blake wil iets kry van Lola, weet nog nie wat nie.
Melissa is definitief deel daarvan.
Dit mag so wees.
Asher se jas.
Die miere het iets met Asher te doen.
Sy dogter sal kom kuier veral as Lola met haar praat.
Weet nog nie.
Asher was n goeie mens wat kinders net wou help.
Ek is seker Justin gaan gereeld en snoep deur haar goed. -
Helen Faber
1. Omdat haar trauma tien teen een veroorsaak dat sy halusineer of vreemde reaksies kry. (Amper soos die ou wat die hele tyd sy been geskud het.)
2. Ek voel onseker – sy is nou officially ‘n ‘unreliable narrator’ en ek kan nie meer besluit of sy net paranoïes is en of dit werklik gebeur nie.
3. Miskien, miskien nie. Ek hou nie daarvan om my lewe in gevaar te plaas nie, en dis presies wat Lola nou doen. Dalk sou ek sodat ek kan veiliger voel – om in iemand wat vermoor is se kamer te slaap, terwyl die moordenaar nooit gevang is nie, sou my nogal uitfreak.
4. Nogal redelik. Ek het gedink hy hou dalk van Lola, maar ek is eintlik bly dat hy in Olivia geïnteresseer is.
5. Ja. Blake is moeilik om te plaas. En nog elke keer verskyn hy net, amper asof hy nog die hele tyd daar rondhang…
6. Al wat ek kon dink was: Dankie tog dat ek nie ‘n dokter is nie!! Dit was nogal giggel-wekkend. Also, ew.
7. Melissa weet dat Olivia weet dat Asher bang was vir hulle en ek dink dat sy bang is dat Lola of iemand anders vir Olivia begin glo.
8. Melissa, of dalk Justin. Hulle twee is nogal gevaarlik, in my opinie.
9. Ek dink dat Justin heel uit die bloute so tekere gegaan het. Ek neem aan dis omdat sy hom al ‘n paar keer betrap het my sy ‘shady-dealings’. Ek sou hom in sy glory ingestuur het as ek sy was.
10. Ek dink hulle weet waar die goed vandaan kom, of hulle het die goed daar gesit in die eerste plek.
11. Ja, ek doen. Ek dink hy het issues, maar hy hou van haar. En in plaas daarvan om deur sy goed te werk, maak hy haar kop deurmekaar.
12. Dit het nie in daardie oomblik vir my so gelyk nie, aangesien sy heel onbewus daarvan geklink het. Maar mens weet nooit.
13. Ek dink daar was iemand in hulle huis; tien teen een dieselfde mens wat buite die huis was die vorige keer. Mandi het nog nie een keer fisies aan iets geraak nie, ek dink nie die is dieselfde nie.
14. Seker wie okal daar ingebreek het s’n.
15. Daardie miere is ‘n voorbode vir iets, ek weet dit sommer. Dalk is dit deel van Mandi se ‘verskynings’.
16. Ek hoop regtig so. En ek hoop hy vertel haar die waarheid.
17. Duidelik was hy baie kwaad vir Asher en watokal hy gedoen het. En ek dink Asher het vir Olivia afgevry. Meer as dit, voel dit vir my dat Asher besig was met onderduimse dinge wat hom dalk later in die rug kon byt. Dalk het hy vir Herman ook afgepers of dalk vir Olivia dwelms gegee.
18. Ek dink dat dit verkeerd is, maar dat dit nie die ergste ding in die wêreld is nie. Hy help iemand daarmee, alhoewel sy metodes underhanded is.
19. Ek dink dat hy hierdie ondersoek heeltemal te veel geniet, maar ook dat hulle gaan sukkel om die name agter die kodes uit te vind. Dit was baie gaaf van hom om vir Lola soveel moeite te doen.
20. Ja, beslis. Ek dink hy het ook gesoek vir die sleutel en USB wat Asher weggesteek het, maar dat hy dalk eerder met haar goed begin wegstap het. Hy is bleddie shady. -
Simone Birkholtz
1. Ek dink sy kan nie teenoor haarself erken wat gebeur nie.
2. Ek dink si, ja. Lola se verbeelding hardloop weg met haar!
3. Definitief ja! Ek sou nie goed wees daarmee nie, maar my nuuskierigheid sou my dwing om in elkgeval te probeer.
4. Ja nogal, het dit nie gesien kom nie. Maar hy klink na n baie oulike mens.
5. Blake is definitief besig met iets fishy! Daar skuil meer geheime by hom ook.
6. Ja ek het n lekker ou laggie gehad.
7. Ek dink Melissa weet dat Olivia nie aan haar kant is nie, en sy kan dalk te veel met Lola deel.
8. Ek vermoed dit was dalk Melissa. Maar ek kan net nie dink HOEKOM nie?! Sy is n vroue dokter, en sy het duidelik geheime. Maar wat sou dit met die pasient te doen he..
9. Ek dink Justin het wel n goeie punt, maar hoekom sou Melissa vir Lola verdedig? Miskien is daar niks in haar kamer om weg te steek nie en sy weet Lola sou niks daar kry om haar geheime uit te vind nie.
10. Dit wil vir my voorkom of hulle dalk alles weet! Hulle moet nou net hulle geheime met my ook deel.
11. Ek dink Blake wil vir Lola mislei. Hy stel nie regtig in haar belang nie, maar hy wil voorkom asof hy doen.
12. Ek dink definitief Melissa is betrokke! Sy wou seker Lola se aandag weglei van wat daar gebeur.
13. Ek vermoed ook dat dit Asher se spook was. En toe hy vir Melissa sien, wou hy wegkom.
14. Ek dink die jas was net toevallig, dalk Blake sn. Hulle ken mos nog nie sy hele klerekas nie?
15. Ek het gewonder daaroor. Dis dalk n belangrike leidraad.
16. Ek dink as sy dogter uitvind hoekom hy regtig moord gepleeg het, sal sy haar pa vergewe en baie meer tyd saam met hom wil spandeer.
17. Ek dink Dokter Herman het net die verkeerde ding op die verkeerde tyd gese. Ek vermoed die regte moordenaar het dit gehoor, en dit gebruik as sy moordplan sodat Dok Herman skuldig lyk en eerder as die verdagte gesien word.
18. Ek dink Asher is briljant! Ek dink nogal ek sou ook so iets doen. For the good of the people.
19. Ek begin nou wonder of Jonah bietjie te veel van Lola hou.
20. Met Justin is enigiets moontlik. Ek sou nie verbaas wees as hy meer gevat het nie. Dalk is dit waarheen die hasie se oog verdwyn het.
-
1. Ek dink omdat sy nog haar sussie rondom haar sien dink sy nie haar trauma is so erg nie. Sy vermoed seker net dat hulle iets saam erg deurgemaak het en dat sy nou net by die groep moet aansluit vir roetine meer as om gehelp te word.
2. Ek dink so ja.
3. Ek sou wou weet wat aangaan maar ek is nie so tipe persoon wat myself in so situasie wil plaas nie. Ek sal eerder net alles aan die polisie oorgee en hoop die speurder vat die saak ernstig op.
4. Nogals, ek het regtig gedink hy probeer uitgaan met Lola.
5. Hy doen ja, sy optrede rondom Lola maak nie sin nie.
6. Ek haal my hoed af vir Lola want ek sou net daar en dan opgooi. Ek dink mens moet ‘n sterk maag hê om in sulke situasies te werk, en ongelukkig het ek nie een nie.
7. Sy hou heel moontlik nie van Olivia nie – miskien wou sy ook eens op ‘n tyd met Asher uitgaan maar hy het meer in Olivia belang gestel – of sy het iets om weg te steek.
8. Ek het eers gedink Juliette maar toe sê hulle ‘n blondekop, so miskien Olivia of Melissa.
9. Justin het duidelik baie issues met vertoue, en die feit dat hy so kort van draad is maak dinge nogals erger. Hy is iemand wat ek regtig sal wil vermy in die regte lewe want hy sal heel moontlik mens in die moeilikheid bring. Melissa se verskoning was bietjie flou. Ja Justin het issues, maar dit beteken nie hy kan net mense beskuldig sonder enige evidence nie.
10. Hulle weet seker van iets wat die pes veroorsaak en wil niks sê nie want dit kan dalk sleg lyk.
11. Ek weet nie meer met hom nie. Miskien is hy net versigtig aangesien hy die departementshoof is en as iemand hulle twee raaksien kan stories baie gou versprei, maar dan moet hy eerder net eerlik wees met haar as om haar die heeltyd so te hanteer.
12. Dit sal my nie verbaas nie.
13. Nee want anders sou Melissa hom nie gesien het nie. Ek dink iemand probeer Lola bang maak, en Melissa is heel moontlik kop in een mus met die persoon. Of Melissa weet van Lola se trauma en die feit dat sy spoke sien, so sy speel met Lola se brein.
14. Dit het seker ook aan Asher behoort.
15. Die miere is seker ‘n groot leidraad vir Asher se dood.
16. Ek kan net dink dat Herman baie kwaad was vir Asher omdat hy sy meisie “gesteel” het. Mens sê soms “you will burn for what you did” wanneer die woede net te hoog is, so hy kon dit sê as ‘n dreigement, of hy kon dit net sê omdat hy kwaad was en die moordenaar het gedink dis ‘n goeie idee om van Asher ontslae te raak.
17. Ek het dit nie verwag nie.
18. Jonah is ‘n ware vriend wat Lola probeer help, of hy is net so skuldig en probeer haar van die pad afgooi. Een ding van rillers is ek vertrou nooit iemand regtig nie.
19. Ek het nie so daaraan gedink nie maar dit sal my nie verbaas nie. -
Toni Van Der Westhuizen
1. Lola is bang dat as sy haar mond oopmaak, mense gaan besef sy is ’n “unreliable narrator.” Sy sien haar dooie sussie, Mandi, en sy vrees dat die ander dokters haar as psigoties gaan etiketteer as sy erken wat sy werklik beleef. Sy wil eerder “normaal” voorkom in haar nuwe werksomgewing.
2. Na alles wat ons nou weet, neig ek daarna om te dink dit is haar verbeelding of ’n hallusinasie weens post-traumatiese stres. Sy is besig om te ontrafel, en haar brein skep dalk projeksies om die vrees in die huis te hanteer.
3. Ek dink my nuuskierigheid sou ook met my weghardloop, veral as ek in sy kamer bly! Dit voel amper of sy sy lewe oorneem, so sy moet weet wat met hom gebeur het om te keer dat dit met haar ook gebeur.
4. Dit was ’n totale “plot twist”! Ek was oortuig hy is verlief op Lola. Dit maak sy karakter egter meer interessant—hy help Lola dalk omdat hy ’n goeie mens is, nie net omdat hy by haar wil uitkom nie.
5. Blake is definitief verdag. Sy “timing” is altyd te perfek. Dit voel asof hy ’n kat-en-muis-speletjie met haar speel, maar ek kan nog nie uitmaak of hy die kat is wat haar want vang en of hy haar probeer leer hoe om self te jag nie.
6. Dit was die perfekte kombinasie van “ew!” en “ha-ha.” In ’n donker storie soos hierdie het mens daardie bietjie absurde humor nodig, alhoewel ek ook net daar sou wou opgee as dit met my gebeur het!
7. Melissa probeer duidelik beheer behou oor die narratief. Sy weet Olivia het inligting wat die “Top 3” in ’n slegte lig kan stel, en sy wil keer dat Lola te veel uitvind voordat hulle haar “getem” het.
8. Ek dink dit was Justin. Hy is die aggressiefste een van die groep en hy hou daarvan om spore dood te vee.
9. Justin se reaksie was buite proporsie, wat gewoonlik beteken hy steek iets groot weg. Melissa wat hom probeer verdedig met “he has issues,” voel vir my soos ’n ingestudeerde verskoning om Lola se agterdog te sush.
10. Ek glo Duke en Melissa weet presies waar die plaag vandaan kom. Hulle gebruik dit dalk as ’n “gaslighting” tegniek om Lola te laat glo sy word mal, sodat sy nie as ’n geloofwaardige getuie gesien word nie.
11. Blake lei haar definitief aan. Hy gee vir haar net genoeg aandag om haar emosioneel afhanklik te maak, maar trek dan terug om die mag te behou. Dit is klassieke manipulasie.
12. Die feit dat Melissa presies op daardie oomblik verskyn het, is te toevallig. Sy is beslis die “cleaner” van die groep wat seker maak Lola sien nie te veel van Justin en Duke se vuil werk nie.
13. As Melissa dit ook gesien het, was dit nie net Lola se verbeelding nie. Dit kon iemand fisies wees wat haar probeer bangmaak, maar die idee dat Asher se gees daar dwaal om haar te waarsku, pas mooi by die spookagtige atmosfeer.
14. Dit was waarskynlik Asher se ou jas. Iemand het dit daar opgehang as ’n grusame herinnering dat hy nog steeds “teenwoordig” is in daardie huis.
15. Die miere verteenwoordig dalk die klein, fyn besonderhede van die misdaad. As Lola op hulle trap (of die leidrade miskyk/vernietig), gaan sy nooit die waarheid uitvind nie. Mandi probeer haar help om die “pad” te sien.
16. Ek hoop sy sal hom vergewe. In rillers is sulke hartseer sy-stories dikwels daar om Lola se empatie te toets, wat haar dalk later in die moeilikheid gaan bring.
17. “Burn for what he did” klink na iemand wat uiters verraai voel. Miskien het Asher iets ontdek van Herman se mediese praktyke wat sy loopbaan kon verwoes, of dit was iets persoonliks oor Olivia.
18. Dit maak Asher ’n komplekse karakter—’n “Robin Hood” wat van die rykes (of skuldiges) steel om die armes te help. Dit maak sy dood nog meer tragies omdat hy eintlik ’n goeie doel voor oë gehad het.
19. Jonah is besig om sy eie lewe in gevaar te stel vir Lola. Sy verrassing wys hy is lojaal, maar ek wonder of hy dalk te diep in die konyn-gat gaan val saam met haar.
20. Justin is soos ’n rassistiese raaf—hy vat alles wat blink of wat hy kan gebruik. Ek wed hy het reeds deur haar dagboek of haar geheime lêers gesnuif terwyl sy nie daar was nie.
-
Chante Kennedy-De Klerk
1. Trauma natuurlik. Sy het seker PTSD of so iets. Of dalk was dit haar skuld wat gebeur het.
2. Nee donkie, ek weet nou self nie.
3. Natuurlik ja. Die amateur sleuth in my, en die meisie wat hou van murder mystery documentaries gaan my nie toelaat om die net te los nie.
4. Eintlik, ja. Dit het regtig gelyk hy is “into” Lola.
5. Ek dink hy is effens verdag, maar dit kan weereens net Lola se paranoia wees.
6. Ek kon net die reuk imagggiiiineee. Om eerlik te wees, ek weet nie hoe ek eendag doeke gaan omdraai nie, want die girl kan nie poef hanteer nie.
7. Sy weet seker dat Olivia suspicious is oor hulle.
8. Iemand wat wil hê Lola moet in die moeilikheid kom. Dalk een van die ander drie ST4 lede.
9. Wel, Justin was nie verkeerd nie. Sy het so effens rondegekrap daar. Maar die feit dat hy so kort van draad is en so optree sê vir my hy is bang vir iets. Dit lyk ook net vir my Melissa moet vure uitblis waarokal sy gaan.
10. Iets het met Asher gebeur en die kakkerlakke. Maar ek weet nie of hulle skuldig is aan die kakkerlakke in die huis nie.
11. Nee, maar ek dink hy steek iets weg.
12. JAA, daai girl steek iets weg.
13. Dalk weet Melissa dat Lola ‘n overactive imagination het, en probeer haar oortuig dat iemand daar is om haar te probeer mal maak
14. Oef ek weet nie, dalk Duke of Justin s’n.
15. Hulle probeer haar help om die moord op te los.
16. Ek hoop so. Hy verdien ‘n tweede kans.
17. Asher het seker sy girl afgevry.
18. Dit was vir ‘n goeie doel, maar steeds nie reg nie.
19. Shame, Jonah probeer rerig hard om Lola te help. Dit verrassing wat baie sweet van hom, maar ek is bang dit stel hom in die gevaar.
20. Well, if it happened once, it could happen again. -
1. Ek dink sy het ‘n skuldige gewete oor wat met Mandi gebeur het. Sy wil ook nie he dat enige iemand moet weet dat sy vir Mandi sien en met haar gesprekke voer nie.
2. Ek dink sy hallusineer a.g.v. trauma.
3. Virseker, ek is ‘n BAIE nuuskierige mens.
4. Ek was vreeslik verbaas, ek was vas oortuig hy stel belang in Lola.
5. Daar is defnitief iets rondom Blake, ek weet net nie of hy dalk daar is om haar te beskerm en of hy gevaarlik is nie.
6. Ek het gegiggel en gegril… ek sweer ek kon dit ruik en was ook effens naar terwyl ek dit gelees het.
7. Ek dink Olivia weet iets van Melissa wat Melissa nie wil he gedeel moet word nie.
8. Melissa of Justin, ek weet net nie hoekom nie.
9. Justin se reaksie was bietjie ‘over the top’ – wat dit laat lyk het of hy ‘n skuldige gewete het. Melissa het verskonings gemaak sodat Lola nie moet dink hulle steek iets weg nie.
10. Ek dink iemand wat weet wat hulle geheim is pes/dreig hulle met die kakkerlakke en hulle verstaan die betekenis daar agter.
11. Ek weet nie meer met Blake nie, een oomblik dink ek hy is ‘n skurk en die volgende oomblik dink ek hy hou regtig van haar. Dalk is hy ‘n skurk wat regtig op haar verlief raak?
12. Ek dink Justin en Duke doen Melissa se vuilwerk.
13. Nee, ek dink net dit is iemand wat haar probeer bang maak.
14. Dit was seker Asher se jas, om hulle ordentlik skrik op die lyf te jaag.
15. Ek dink sy bedoel dat die miere na iets lei.
16. Ag ek hoop regtig so, hy klink na so ‘n dierbare ou oomie.
17. Ek dink Herman is maar net suur omdat Asher vir Olivia by hom afgevry het en toe se hy iets uit woede.
18. Kyk, ek het geen probleem met ‘n ‘Robin Hood’ tipe karakter nie.
19. Ek vertrou niemand, ek is nie seker of hy haar regtig probeer help, en of hy die aandag van homself af probeer kry nie.
20. Ek kan nie sien hoekom nie, hy ‘snoop’ defnitief.
-
Lopke (plainjane.readss)
1. Sy wil dalk nie hê almal moet van haar besigheid weet nie, of sy kan self nie erken wat gebeur het nie, want sy sien steeds haar suster.
2. Sy hallusineer definitief, maar of dit alles wat sy sien onbetroubaar maak, moet nog bepaal word.
3. Ek sou baie nuuskierig wees om die waarheid uit te vind, maar ek weet nie of ek so ver sal gaan dat dit my in gevaar sal stel nie.
4. Baie geskok! Ek het regtig gedink hy sou ‘n liefdesbelangstelling vir Lola wees.
5. Ek kan steeds nie ‘n behoorlike lees van hom kry nie, so hy is beslis steeds ‘n geheimsinnige karakter.
6. Ek het ‘n bietjie gegiggel, ek gaan nie lieg nie!
7. Melissa het waarskynlik geweet dat Olivia haar vermoedens gehad het oor die situasie rakende Asher en die kamermaats, en wou nie hê Olivia se opinies moes Lola haar vertroue in hulle laat verloor nie.
8. Ek begin dink dit kon dalk dokter Adri gewees het, net as gevolg van die verwysings na kort bene. Maar dis net ‘n “random” spekulasie.
9. Albei is steeds baie agterdogtig na my mening. Justin se reaksie het gewys dat hy bekommerd is dat hy gevang sal word, maar Melissa s’n het meer ontspanne gelyk, asof sy geweet het niks kon verklap word nie.
10. Vir my het hulle net so geskok geklink, maar dit kon moontlik net ‘n foefie wees om Lola van die vreemde plaagsituasie te oortuig.
11. Hy is letterlik die grootste misterie vir my op hierdie oomblik. Ek wil graag sê daar is iets omtrent hom, maar dit sal ook te voor die hand liggend klink.
12. Ek dink hulle kan baie goeie akteurs wees wat agter ‘n masker wegkruip, maar op hierdie oomblik het dit geklink asof Melissa net onbewus en moeg was.
13. Ek vermoed dat daar meer as een spook aan die spel is.
14. Melissa het geweet die hoed was Asher s’n, maar nie die baadjie nie. Ek sou dink sy het Justin se klerekaskeuse geken, so dit sou nie hy wees nie, so dit kan Duke of Blake s’n wees?
15. Sy sê dalk vir haar dat hulle bedoel is om as ‘n teken gesien te word, of dalk nog ‘n waarskuwing waar Lola versigtig moet wees om nie met die verkeerde mense te mors of seer te maak nie.
16. Ek glo sy sal. Of ek hoop vir sy part dat sy sal opdaag.
17. Ek vermoed dit het iets met Olivia te doene gehad.
18. Dit wys waar sy passie en liefde gelê het. Maar maak dit hom ‘n goeie of slegte ou in die groter geheel van dinge?
19. Hy is baie gretig om Lola te help, ek sal hom dit gee. Maar daardie gretigheid begin my laat twyfel oor hom.
20. Eerlikwaar, enigiets is op hierdie stadium moontlik. Ek wil hom graag vertrou, maar almal is ‘n verdagte… -
Rochelle Bouwma (Bookstashelly)
1. Ek persoonlik dink Lola sukkel om te erken haar sussie is weg, sy wil glo dat Mandi nog lewe.
2. Dit is moontlik dat Lola hallusinasies ervaar wat deur trauma veroorsaak is, maar dit is ook moontlik dat dit Mandi se gees is wat by haar spook.
3. Ek sou net so geïnteresseer gewees het, meer omdat ek ‘n groot true crime fan is.
4. Nee, ek het nooit gedink dat Jonah in Lola belang stel nie.
5. Blake tree beslis verdag op. Ek vermoed hy is dalk Asher se boetie.
6. Ek het self ‘n bietjie gelag en gegril. Ek dink so situasie gebeur meer as wat ons dink.
7. Ek dink Melissa is bang dat Olivia vir Lola redes gee om nie vir Melissa te vertrou nie. Dit kom voor asof Olivia duidelik meer weet oor wat in die huis aangegaan het voor Asher oorlede is.
8. Ek vermoed dat Justin dwelms in Melissa se kamer weg steek.
9. Ek vermoed dat dr Adri in meneer Stanley se lêer gepeuter het.
10. Ek wonder of hulle nie self die kakkerlakke plant om vir Lola bang te maak nie.
11. Ek dink Blake het gevoelens vir Lola, maar probeer ook hulle verhouding professioneel hou.
12. Ek dink nie Melissa is bewus van die dwelms nie.
13. Ek vermoed Asher spook in die Struamann huis.
14. Ek dink dat die jas aan Blake behoort.
15. Ek dink die miere is ‘n teken van Asher se teenwoordigheid.
16. Ek hoop rêrig dat meneer Stanley se dogter sal kom kuier.
17. Ek dink Asher het Herman se meisie afgevry.
18. Ek verstaan hoekom hy dit gedoen het.
19. Ek vermoed dat hy dalk meer inligting het om te deel.
20. Ek sal nie verbaas wees as Justin iets geneem het om “dirt” op Lola te kry nie. -
Danielle Reddy
Dit kan wees dat sy nog nie gereed was om daaroor te praat nie, of dat dit vir haar te moeilik is om te deel.
Dis moontlik dat dit haar verbeelding was, maar daar is ook kans dat dit iets anders kon wees.
Ek dink dit hang af van hoe persoonlik dit vir my sou voel. Ek sou dalk ook antwoorde wou hê.
Ja, dit was effens verrassend, maar as mens terugdink, maak dit dalk sin.
Hy kom bietjie verdag voor, maar dit is nog nie heeltemal duidelik nie.
Dit was ‘n interessante situasie. Daar was oomblikke wat mens nie anders kon as om te glimlag nie.
Sy het dalk gevoel sy moet haarself beskerm of iets wegsteek.
Dit kan enigiemand wees. Iemand wat iets probeer wegsteek of uitvind.
Sy reaksie was nogal sterk, maar miskien is daar redes daarvoor. Die verskoning voel ook half ongemaklik.
Dit lyk of hulle dalk meer weet as wat hulle wys.
Dit kan wees dat hy nie heeltemal eerlik is nie, of dat hy self nie seker is van sy gevoelens nie.
Dit laat mens wonder of sy dalk meer betrokke is as wat sy voorgee.
Dit kan toevallig wees, maar dit voel ook of daar iets meer agter sit.
Dis moeilik om te sê—dit kan aan enigiemand behoort.
Dit klink amper simbolies, asof daar ‘n dieper betekenis agter lê.
Dit is ‘n hartseer situasie. Daar is altyd hoop dat dinge kan verander.
Dit dui daarop dat daar iets ernstig tussen hulle gebeur het, maar dit is nog onduidelik wat presies.
Dit wys ‘n ander kant van hom wat mens nie noodwendig verwag het nie.
Dit was ‘n interessante oomblik. Dit laat mens wonder oor sy bedoelings.
Dit is moontlik dat hy meer geneem het, maar dit is nie seker nie.



Leave a Reply