[aioseo_breadcrumbs]

Waar bloed kruip dag een

Wat dink jy van die proloog?

Aan die einde van die proloog leer ons van Asher, hoekom dink jy is Ashball agter die groep in die proloog?

Die klein seun in die video word gevra wat wil hy eendag as hy groot word. Toe jy so jonk was, wat was jou droom beroep?

In die eerste hoofstuk volg ons Lola. Sy is besig om hard te hardloop. Is jy ‘n persoon wat ontspan deur hardloop?

Wat dink jy jaag Lola?

Soos wat ons verder lees, besef ons dat iets met Lola se suster gebeur het. Wat dink jy het Mandi aangeval?

Lola dink dat waarna sy op pad is, gaan niemand haar ken nie. Hulle sal nie weet van Mandi en Thunderview nie. Dink jy dit is waar? Of dink jy dit is ‘n valse hoop?

Die tweede hoofstuk begin met Lola se eerste dag. Dit het ‘n stadige begin maar dit word vinnig iets anders. Lola vind ‘n man buite die hospitaal wat nie asem haal nie. Sy is vinnig om te help. Sy begin KPR aan die persoon, en sy druk op die ritme van “Baby Shark”. Wat dink jy daarvan? Met watter liedjie het jy geleer om KPR te doen, as jy geleer het?

Wat is jou eerste indruk van Duke na die proloog?

Dink jy die suster was ‘n bietjie hard op Lola vir die gebruik van “Baby Shark”?

In die tweede hoofstuk dink Lola dat dit die regte ding was om Noordeberg toe te kom. Glo jy dit ook?

Dink jy die jong man wat oorlede is is ook die persoon agter Asherball of iemand wat hom wil wreek?

Terwyl Lola in die kafeteria sit en kalmeer, sluit Duke by haar aan en nog twee nuwe gesigte. Wat dink jy van almal wat ons tot nou toe ontmoet het?

Wat dink jy van Lola se byvoeging aan die Straumann Top-4? Hoe dink jy gaan dit haar beïnvloed?

Melissa deel met Lola dat haar kamer die beste is omdat dit die meeste son kry. Sy sê ook dat haar voete altyd koud kry in die winter. Is jy dieselfde? Of gebruik jy meer as die son om warm te hou?

Melissa bevestig dat hulle nog nie Asher se kamer skoon gemaak het nie. Hoekom huiwer hulle om sy goed uit te haal?

Het jy geraai dat Asher vermoor was? Dink jy een van die drie ster studente het dit gedoen?

Dink jy Mandi het rêrig vir Lola kom kuier of is Lola se kop net omgekrap?

Wonder jy ook hoekom Asher vermoor is?

Wat dink jy verwys die miere na? ‘n Leidraad of net ‘n toevalligheid?

Wat dink jy sal die sleutel oopmaak?

Die jong vroumense in die aantrekkamer skinder oor Asher. Dink jy hy was so “weird” soos wat hulle sê of is dit net jaloesie wat praat?

Melissa onthul belangrike informasie. Watter dinge dink jy het die ST4 deur gegaan toe Asher nog lewendig was?

Wie dink jy is die ou met die groen oë?

Wat dink jy het Justin vir die ou in die lang wit jas gegee? Wie dink jy is die meisie wie se gesig Lola in die glas sien?


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 responses to “Waar bloed kruip dag een”

  1. Helen Faber Avatar
    Helen Faber

    1. Die proloog het onmiddelik my aandag gevang en my nuuskierig gemaak vir die res van die storie. Ek kan nie wag om daarby uit te kom nie!
    2. Hulle het heel moontlik iets met sy dood uit te waai. Ek het so gevoel hulle het dit dalk veroorsaak of dat hulle betrokke was op een of ander manier.
    3. Ek wou ‘n skets- / verf-kunstenaar geword het op daardie ouderdom.
    4. Glad nie!! As ek hardloop moet ander mense ook hardloop, want dit beteken iets jaag my!
    5. Haar verlede, miskien iets traumaties wat met haar gebeur het.
    6. Dalk het iemand haar aangeval en haar seergemaak?
    7. Heel moontlik ‘n false hoop, veral aangesien die plek wat sy probeer vermy op die pad na haar nuwe bestemming is.
    8. Ek het al gehoor dat ‘Baby Shark’ die regte ritme daarvoor het, alhoewel ek nooit self geleer KPR doen het nie.
    9. Ek het nog nie regtig ‘n opinie van hom nie…
    10. Ja, sy was. Alhoewel dit vreemd is, het dit wel gewerk. Sy het steeds ‘n lewe gered.
    11. Ek glo dat wanneer mense begin soek vir tekens dat hulle op die regte pad is, hulle dit gewoonlik sal vind al is dit nie noodwendig die waarheid nie.
    12. Ek glo dis dalk iemand wat hom wil wreek.
    13. Ek dink hulle is almal ryksmanskinders (die 3 ander jong dokters) wat geheime het en wat geheime vir mekaar sal hou.
    14. Ek dink dat dit baie vinnig gebeur het en dat haar trauma heel moontlik erger gaan raak by die groep ipv beter.
    15. In die winter is my voete gewoonlik vriesend, so ek trek meer as een kombers oor myself of ek druk my voete teen my verloofde se kuite terwyl ons fliek kyk.
    16. Want dis moeilik om mense wat oorlede is se goed te skuif of daarmee te werk, want die trauma is gewoonlik te veel. In die geval voel hulle dalk ook effens skuldig en dis hoekom hulle nie sy goed wil skuif nie.
    17. Ek het nie. Ek het aangeneem dat hy siek geword het of in ‘n ongeluk was. Ek dink hulle drie het saamgewerk.
    18. Haar kop is net omgekrap.
    19. Ja. Meestal wonder ek wie hom vermoor het in die eerste plek.
    20. Die feit dat hulle so baie is en spesifiek in die huis voorkom, vermoed ek dat dit ‘n leidraad is.
    21. ‘n Versteekde boks? ‘n Vertrek waarin iets weggesteek is?
    22. Dis moeilik om te sê – dalk was hy regtig weird, mense praat nie sommer sleg van dooie mense nie… Maar dit kan dalk jaloesie ook wees, aangesien die een meisie duidelik van hom gehou het…
    23. Dalk het hy iets gedoen wat hulle posisie in gevaar gestel het, of haar seergemaak? Dalk het Justin jaloers geraak…Dalk het hulle hom saam vermoor.
    24. Die nurse waarmee sy gepraat het se susterskind heel moontlik.
    25. Ek dink dit was dwelms. Die meisie wat gehou het van Asher (wat vir hom ‘n dronk-boodskap gestuur het).

  2. @books.bubbles.beach Avatar
    @books.bubbles.beach

    Die boek begin op ‘n baie interessante manier. Ek wil meer weet van hierdie kamer wat hulle in is.
    Ek wou ‘n onderwyseres wees, net soos my ma was.
    Ek hou meer van stap op die strand eerder as om te hardloop.
    Ek dink Lola het iets te doen met wat met Mandi gebeur het.
    Daar gaan iemand wees wat van Lola en haar tyd by Thunderview weet.
    Ek het nog nooit CPR gedoen nie so weet nie watter liedtjie reg sou wees nie, maar nou het het Baby Shark se deuntjie in my oor.
    Duke het nog nie ‘n indruk op my gelos nie.
    Ek dink die Suster het gedink Lola probeer snaaks wees met die liedtjie.
    Ek weet nog nie van die drie nie, hopenlik kan Melissa ‘n goeie vriendin wees vir Lola.
    Lola se byvoeging by die ST-4 gaan die ander 3 bietjie harder laat werk.
    As dit koud is moet ek lekker dik sokkies dra. My voete raak baie gou koud, nie die res van my lyf nie.
    Ek dink die drie is nog besig om vir Asher te rou en kan nog nie sy personlike goed weg pak nie. Dit sal amptelik sê hy is nie meer daar nie.
    Ek het nie gedink hy is vermoor nie, gedink iets het by die werk gebeur. Ek dink nie dis een van die 3 nie, miskien iemand anders by die hospitaal.
    Mandi is nie regtig by Lola nie, dis als in haar kop. Dis hoekom sy by Thunderview was.
    Die miere gaan definitief ‘n leidraad wees.
    Die sleutel gaan ‘n geheime deur in die hospitaal oopmaak.
    Ek dink nie Asher was weird nie, miskien net nie wat ander mense as ‘n tiepise dokter sou verwag nie.
    Die man met die groen oë gaan ‘n groot rol in die storie speel.
    Ek dink Justin het dwelms vir die man gegee. Miskien verkoop hy dit om geld te kry. Hy is nie so ryk soos Melissa nie. Rk dink die vrou in die glas is die vrou wat Lola hoor praat het vroeer in die aantrekkamer.

  3. Simone Birkholtz Avatar
    Simone Birkholtz

    Wat dink jy van die proloog?
    Baie spannend! Dit laat my aanhoudend wonder wat hier aangaan.

    Aan die einde van die proloog leer ons van Asher, hoekom dink jy is Ashball agter die groep in die proloog?
    Ek dink Ashball is dalk Asher se bynaam, en dis amper asof sy spook wil wraak neem op die groep.

    Die klein seun in die video word gevra wat wil hy eendag as hy groot word. Toe jy so jonk was, wat was jou droom beroep?
    Ek wou n brandweerman word! Ja, brandweerMAN lol.

    In die eerste hoofstuk volg ons Lola. Sy is besig om hard te hardloop. Is jy ‘n persoon wat ontspan deur hardloop?
    Ek sal nie eers kan hardloop as my lewe daarvan afhang nie. As ek moet rustig raak, gryp ek maar eerder na my “sweetie blikkie”.

    Wat dink jy jaag Lola?
    Sy het definitief geraamtes in haar kas…

    Soos wat ons verder lees, besef ons dat iets met Lola se suster gebeur het. Wat dink jy het Mandi aangeval?
    My eerste gedagte is dat sy dalk in n karongeluk oorlede is. Geen idee hoekom ek nou dit spesifiek dink nie

    Lola dink dat waarna sy op pad is, gaan niemand haar ken nie. Hulle sal nie weet van Mandi en Thunderview nie. Dink jy dit is waar? Of dink jy dit is ‘n valse hoop?
    Definitief valse hoop. Ongelukkig

    Die tweede hoofstuk begin met Lola se eerste dag. Dit het ‘n stadige begin maar dit word vinnig iets anders. Lola vind ‘n man buite die hospitaal wat nie asem haal nie. Sy is vinnig om te help. Sy begin KPR aan die persoon, en sy druk op die ritme van “Baby Shark”. Wat dink jy daarvan? Met watter liedjie het jy geleer om KPR te doen, as jy geleer het?
    Ek het nooit KPR geleer nie, maar ek is tog te bly om te weet oor Baby Shark! Ek ken die liedjie goed, mens weet nooit wanneer dit handig inkom nie.

    Wat is jou eerste indruk van Duke na die proloog?
    Ek weet nie, something’s fishy… maar op hierdie stadium is almal vir my fishy.

    Dink jy die suster was ‘n bietjie hard op Lola vir die gebruik van “Baby Shark”?
    Nee, ek dink as ek n mediese professioneel was sou ek ook nie beïndruk wees met iemand nuut wat kinderliedjies sing in so aaklige situasie nie haha.

    In die tweede hoofstuk dink Lola dat dit die regte ding was om Noordeberg toe te kom. Glo jy dit ook?
    Ek dink so, ja. Niwe begin klink na n goeie idee!

    Terwyl Lola in die kafeteria sit en kalmeer, sluit Duke by haar aan en nog twee nuwe gesigte. Wat dink jy van almal wat ons tot nou toe ontmoet het?
    Alma klink tog te vriendelik! Dalk bietjie tè vriendelik… dit klink abnormaal dat so baie mense sommer dadelik net van Lola hou.

    Wat dink jy van Lola se byvoeging aan die Straumann Top-4? Hoe dink jy gaan dit haar beïnvloed?
    Ek dink dis dalk baie druk op n nuweling, maar dis seker hoe die mediesewêreld werk – altyd baie druk.

    Melissa deel met Lola dat haar kamer die beste is omdat dit die meeste son kry. Sy sê ook dat haar voete altyd koud kry in die winter. Is jy dieselfde? Of gebruik jy meer as die son om warm te hou?
    My voete en bene vries altyd morsaf in die winter, terwyl my bolyf piekfyn is. Solank ek wollerige kouse en bietjie son het, is ek oraait.

    Melissa bevestig dat hulle nog nie Asher se kamer skoon gemaak het nie. Hoekom huiwer hulle om sy goed uit te haal?
    Ek dink dis nog te moeilik vir hulle om te aanvaar dat hy regtig weg is.

    Het jy geraai dat Asher vermoor was? Dink jy een van die drie ster studente het dit gedoen?
    Ek het gedink sy dood sou een of ander vreeslike ding wees, maar nie spesifiek moord nie. Ek kan nie sê wie ek dink dit was nie, dis dalk n spoiler…

    Dink jy Mandi het rêrig vir Lola kom kuier of is Lola se kop net omgekrap?
    Lola se kop, jong. Nie heeltemal so vars met die trauma nie.

    Wonder jy ook hoekom Asher vermoor is?
    Ja! Ek moet NOU weet! Maar ek begin reeds my vermoedens hê…

    Wat dink jy verwys die miere na? ‘n Leidraad of net ‘n toevalligheid?
    Ek dink regtig dis n leidraad. Dalk het hy “groen” brownies in sy kamer gelos 👀

    Wat dink jy sal die sleutel oopmaak?
    Ek het gedink dit was dalk vir n locker in die hospitaal, maar ek glo Lola sou slim genoeg wees om dit al uit te dink as die sleutel by hare pas.

    Die jong vroumense in die aantrekkamer skinder oor Asher. Dink jy hy was so “weird” soos wat hulle sê of is dit net jaloesie wat praat?
    Nee, ek dink noe hy was weird nie. Dis dalk net jaloesie, of doodgewoon mean girls wat niks beter het om te doen as om valse goed te sê nie.

    Melissa onthul belangrike informasie. Watter dinge dink jy het die ST4 deur gegaan toe Asher nog lewendig was?
    Ek het gedink ontgroening het dalk baie sleg verloop.

    Wie dink jy is die ou met die groen oë?
    Soos ek gesê het, something’s fishy! Hy kom voor as iemand wat aangenaam is, maar ek dink daar word iets weggesteek.

    Wat dink jy het Justin vir die ou in die lang wit jas gegee?
    Ek dink hy smokkel medikasie uit vir geld!

    Wie dink jy is die meisie wie se gesig Lola in die glas sien?
    Geen idee. Brein is bot.

  4. Toni Van Der Westhuizen Avatar
    Toni Van Der Westhuizen

    1. Ek dink die proloog was vreeslik interessant. Dit het beslis die toon gesit vir ’n boeiende boek en was vol afwagting.

    2. Ek dink dat iets definitief oor sy dood ontdek is. Miskien is die moordenaar besig om hulle te terg.

    3. Dit was nog altyd my droom om ‘n weerkundige te wees… jammer my fisiese wetenskap-punte was nie goed genoeg nie, ha-ha.

    4. Ja, ek is absoluut mal oor hardloop. Ek oefen tans vir my eerste marathon. Dit help my om my kop skoon te kry en ek is mal oor hoe ek voel ná ’n goeie drafsessie.

    5. Ek dink dit is iets uit haar verlede waaroor sy skuldig voel.

    6. Ek dink sy is dood en ek dink dat Lola op een of ander manier betrokke was. Miskien nie direk nie, maar ek dink sy voel tot ‘n mate verantwoordelik vir wat gebeur het.

    7. Ek dink dit sal aan die begin so wees, maar soos wat gewoonlik gebeur, haal die verlede ’n mens in. Miskien sal iemand later in die storie vorendag kom wat weet wat in haar verlede gebeur het en dit teen haar gebruik.

    8. Ek dink dit is ’n regte ‘Gen Z’-ding om te doen en dit bring humor na ’n ernstige situasie. Ek het altyd geleer om KPR te doen deur ‘Stayin’ Alive’ by die BeeGees te sing.

    9. Hy het nie regtig vir my uitgestaan in die proloog nie. Ek skat hy kon dalk ’n bietjie baasspelerig gelyk het, maar dit was ’n vreesaanjaende situasie waarin hulle hulself bevind het, so dit is moeilik om so vroeg al ’n opinie oor hom te vorm.

    10. Ja, ek dink sy was. Dit was haar metode om KPR toe te pas en om so oordelend te wees nadat dit haar help het om iemand se lewe te red, is ’n bietjie kras.

    11. Ek dink so. Dit lyk of sy haar voete vind, so in terme van ‘n nuwe begin lyk dit of dinge uitwerk.

    12. Ek dink dit was die persoon wat betrokke was by Asher se moord.

    13. “Ek dink almal is baie vriendelik en probeer hard om Lola te help om in te skakel.

    14. Ek dink sy het die persoonlikheid om deel van die groep te wees, maar ek dink die vinnige byvoeging is ‘n bietjie onrealisties. Ek sou daarvan gehou het om te sien hoe sy haarself ‘n bietjie meer bewys. Ek dink egter dat haar insluiting by die groep haar sal toelaat om deure oop te maak wat haar sal help om te ontbloot wat met Asher gebeur het. Maar ek dink dit sal ook maak dat die spoke van haar verlede aan die lig kom.

    15. Ek is presies dieselfde. My voete is altyd die eerste plek wat koud word en die laaste plek wat weer warm word.

    16. Melissa bevestig dat hulle nog nie Asher se kamer skoon gemaak het nie. Hoekom huiwer hulle om sy goed uit te haal?

    17. Ek dink dit was ’n traumatiese ervaring vir hulle en hulle weet nie wat om met sy goed te doen nie

    18. Ek dink dat Mandi ’n gees is en dat Lola haar periodiek sien. Miskien is dit as gevolg van die trauma wat sy deurgemaak het rondom Mandi se dood, of die skuldgevoel omdat sy moontlik betrokke was. Ons sal maar moet wag en sien.

    19. Ja, ek wonder ook, maar ons sal meer moet lees om uit te vind wat aan die gang is. Daar is vir ons gesê hy was nogal eienaardig, so miskien het dit iets daarmee te doen.

    20. Ek dink dit is ’n leidraad. Ek dink as Lola hulle spoor volg, sal sy op iets afkom wat sal help om te ontrafel wat met Asher gebeur het.
    Wat dink jy sal die sleutel oopmaak?

    21. Ek dink dit kon ’n bietjie van albei wees. Ek dink wanneer iemand so slim is, kan hulle ’n bietjie sosiaal ongemaklik wees. Maar dalk was daar ook ’n bietjie jaloesie in die spel.

    22. Dit is moeilik om te sê; ek dink nie ek het nog genoeg informasie om ‘n behoorlike oordeel te vel nie.

    24. Ek dink dit is definitief iets onwettigs. My eerste gedagte is dwelms, maar nie soos ons gewoonlik daaraan dink nie. Ek dink dit kan voorskrifmedikasie wees of dalk (ek weet dit is ‘n skoot in die donker) weet Justin meer as wat hy laat blyk oor Asher se dood en hy betaal iemand om stil te bly.

  5. Natasha (the_bookbasket) Avatar

    1. Dit was so vol spanning en het my definitief nuuskurig gemaak vir die res van die storie.
    2. Dit mag dalk iets te doen hê met sy dood, of ‘n leidraad wat gelei het tot sy dood.
    3. Ek wou ‘n skoonheidskundige gewees het.
    4. Oh genade nee, as jy my wil straf, maak my hardloop. Ek sien nie die lekkerheid agter ‘n gebrande bors en kuite nie.
    5. Definitief haar verlede, sy het ietsie gedoen of veroorsaak dat iets skeef loop en nou sit sy met die gebakte pere.
    6. Ek vermoed sy was deur iets traumaties, maar ek kan nie sê wat nie. Miskien ‘n verhouding wat verkeerd geloop het.
    7. As daar enigiets is wat ek al van so scenario geleer het, het ek ‘n spesmaas dat dit net valse hoop is. Die waarheid kom mettertyd uit, of mens wil hê dit moet gebeur of nie.
    8. Dit het my heeltemal omkant geslaan want vir my is die ritme van Baby Shark te vinnig. Ek is geleer om “Staying Alive” deur die Bee Gees.
    9. Hy lyk vir my na ‘n groot grapjas.
    10. Nee, dit mag dalk vir Lola werk maar ek vermoed die suster was ook dalk geleer met Staying Alive.
    11. Vir haar om uit haar “funk” uit te kom en haar droom te volg dink ek dit was die regte besluit gewees.
    12. Heel moontlik iemand wat hom wil wreek. Hulle weet seker dat daar sekere mense is wat sy dood veroorsaak het en dis hulle manier om die sluldige uit te vang.
    13. Ek het dadelik van Melissa gehou, Justin het my van die proloog bietjie on edge gesit, net die manier hoe hy met Melissa gepraat het.
    14. Ek dink dit was ietwat vinnig. Ja sy het haarself bewys maar dit kon ook net “luck” gewees het. Die feit dat sy so dadelik by die groep aangesluit moet word mag haar dalk impliseer in iets wat sy nie volle kennis van het nie – soos ons heel moontlik van die proloog kan aflei.
    15. Ek moet kouse en komberse en verwarmers genbruik om my voete in die winter warm te hou. Maak nie saak wat ek doen nie, hulle is altyd ysblokke.
    16. Hulle weet seker nie wat om met die res van die goed te doen nie. As mens ‘n verhouding met iemand bou en hulle is skielik weg kan dit moeilik wees om van persoonlike dinge ontslae te raak, al is die goed nie baie sentimenteel nie.
    17. Ek het gedink hy is tydens ‘n vratsongeluk dood in die hospitaal. Dit kan heel moontlik een van die drie gewees het, maar ek voel dit is heel moontlik iemand anders. Hulle mag dalk wel tot die dood bygedra het.
    18. Ek dink Lola sien spoke.
    19. Ek doen ja, want hy was duidelik betrokke by iets wat hy nie moes wees nie.
    20. Ek vermoed sy locker of ‘n houer iewers in die kamer wat sy geheime sal hê.
    21. Mense sê maar dinge van ander, die feit dat hy sy lippe so baie lek kan dalk sielkundig ‘n probleem gewees het of hy het net droeë lippe daai dag gehad. Mens weet nooit.
    22. Ek wil sê traumatiese ondervindinge, want ek kan nie dink dat vier dokters regtig ontsteld sal raak oor dinge wat hulle in die teater sien nie. Die feit dat hulle lank saam al ‘n pad gestap het sê vir my daar is verskriklike dinge wat gebeur het wat hulle redelik close gebring het, “trauma-bonding” soos hulle sê.
    23. ‘n Belangrike rolspeler in die hele storie – hy mag dalk ook weet wat presies met Asher gebeur het. It’s always the pretty ones soos hulle sal sê, haha.
    24. Ek dink Justin deel in dwelms – meer soos prestasieversterkers wat heel moontlik op die ou ent erge verslawing kan veroorsaak. Die meisie glo ek speel ‘n belangrike deel en was dalk baie na aan Asher gewees, miskien ‘n minaar.

  6. Rochelle Bouwman Avatar
    Rochelle Bouwman

    1. Die proloog skep die perfekte gevoel van suspensie, dit het my dadelik ingetrek.
    2. Ek dink dat dit een van twee opsies kan wees. Dit skep die moontlikheid dat Asher byvoorbeeld die groep spook, of dit is iemand wat na aan Asher was, wat sy moordenaar probeer oortuig dat Asher by hom of haar spook.
    3. Ek wou graag ‘n Onkoloog geword het.
    4. Ek ontspan self as ek hardloop, maar eerder in die natuur as gewone pas hardloop.
    5. Ek dink Lola het PTSD, wat deur haar suster se dood veroorsaak is.
    6. Ek dink Mandi is in ‘n tragiese ongeluk oorlede.
    7. Ek dink Lola het ongelukkig vals hoop, want jou verlede haal ‘n mens altyd in.
    8. Ek het nie geweet dat die ritme vir KPR gebruik kan word nie. Ek het tydens my noodhulp kursus geleer om op die ritme van “Jingle Bells” KPR toe te pas.
    9. Ek persoonlik dink Duke het iets wat by hom spook, maar ek dink nie dis noodwendig skuldgevoelens oor hy Asher se moordenaar is nie.
    10. Ek dink die suster het nie geweet dat Lola ‘n dokter is nie, en het Lola se gedrag net vreemd gevind.
    11. Ek vermoed dat Lola deur nog trauma gaan gaan, maar dat dit haar ‘n sterker mens en beter dokter gaan maak.
    12. Ek vermoed sterk dat daar ‘n “supernatural” element in die storie gaan wees.
    13. Ek kry die gevoel dat al 3, just; Duke en Melissa iets het om weg te steek.
    14. Lola se byvoeging by die Sraumann Top 4 onnodige druk op Lola gaan plaas.
    15. Ek is mal daaroor om snoesige komberse in die winter te gebruik.
    16. Ek het geraai dat Asher vermoor is, ek is wel onseker oor presies wie my hoof verdagtes is op die oomblik.
    17. Ek dink Lola se kop is net omgekrap, of dit is moontlik dat Mandi se gees by Lola spook.
    18. Ja ek wonder self hoekom Asher vermoor is, het hy dalk iets gesien wat hy nie moes nie?
    19. Ek vermoed dat die miere na ‘n leidraad verwys.
    20. Ek vermoed dat die sleutel ‘n laai of ‘n kassie in die hospitaal oop sluit.
    21. Dit kan net jaloesie wees aangesien Asher deel van die Struamann 4 was.
    22. Ek vermoed dat hulle saam ‘n moeilike pasiënt gehad het.
    23. Ek vermoed dat hy moontlik Lola se liefdesbelangstelling gaan wees.
    24. Ek vermoed dat Justin met Dwelms betrokke is. Die dame in die glas vermoed ek was dalk Asher se meisie.

  7. @momtryingtoread Avatar

    1. Die proloog is baie aangrypend. Ek is so nuuskierig oor hoe hulle hier gekom het, en wat alles wat hulle tot dusver gesien het beteken.

    2. Ek dink iemand of selfs almal in die groep het iets met sy dood te doen – of weet meer as wat hulle voorgee.

    3. ‘n Ballerina natuurlik!

    4. Glad nie! Ek het dit nou al telke male probeer en ek haat elke sekond.

    5. ‘n Trauma of miskien selfs ‘n skuld gevoel uit haar verlede.

    6. Ek vermoed Mandi is op ‘n tragiese manier oorlede, en Lola kon dit dalk op ‘n manier help verhoed/voorkom het.

    7. Heel moontlik vals hoop – die wêreld is te klein.

    8. Ek het snaaks genoeg ook geleer om dit op die ritme van ‘Baby Shark’ te doen.

    9. Dis moeilik om ‘n indruk te skep uit slegs die proloog – dalk dat hy bietjie skuld gevoelens het?

    10. Ek dink sy was – as dit werk dan werk dit!

    11. ‘n Nuwe begin op ‘n skoon bladsy kan ‘n goeie ding wees… hang af wat volgende gebeur.

    12. Ek dink dit is iemand wat hom wil wreek, dalk die ander seuntjie in die video?

    13. Hulle is bietjie te vriendelik en tegemoetkomend. Ek dink hulle steek iets weg.

    14. Ek dink dit gaan te veel druk op haar plaas en haar insleep by dinge waarmee sy eintlik niks uit te waai het nie.

    15. Ja, my voete is altyd koud! Dik sokkies, warm komberse en ‘n kaggel is al genade.

    16. Ek dink die trauma van sy dood is nog te rou, en hulle voel heel moontlik ook skuldig oor iets.

    17. Ek het vermoed hy is vermoor. Ek dink nie een van hulle drie het dit self gedoen nie, maar ek dink hulle weet iets.

    18. Ek dink Lola se kop is net omgekrap.

    19. Ek vermoed hy het iets gesien of gehoor wat hy nie moes nie en wou dit nie saam met die res toesmeer nie.

    20. Die miere gaan defnitief na iets lei, ek het geen idee wat nie.

    21. Dalk ‘n laai/kas/locker in die hospitaal wat sy geheime bevat.

    22. Die feit dat die een hom gekontak het terwyl sy dronk was laat my glo dis eerder jaloesie.

    23. Dalk het hulle saam ‘n pasiënt verloor en die skuld vir iemand anders gegee?

    24. Die vrou wat sy van die kliniek waarin sy was ken se susterskind – die fisio.

    25. Ek dink Justin smokkel voorskrif medikasie uit die hospitaal uit. Dis dalk die meisie wat vir hom ‘n boodskap gestuur het toe sy dronk was?

  8. Chante Kennedy-De Klerk Avatar
    Chante Kennedy-De Klerk

    1. Die proloog het my regtig waar gelok om hierdie boek verder te lees. Ek is maar mal oor ‘n thriller, en die proloog het dadelik vir my gesê ek gaan hierdie verhaal geniet.
    2. Ashball was seker maar Asher se bynaam. Ek wonder maar of die klompie iets te doen het met sy moord? Hmmmm
    3. Toe ek klein was, wou ek n onderwyser wees. En wraggies, hier is ek een.
    4. Hardloop en ontspan in dieslefde sin? Never ever.
    5&6. Lola is sover ‘n baie interessante karakter. Op hierdie stadium in die boek weet ons nie veel nie, maar ek het ‘n gevoel sy was ook op ‘n manier betrokke of teenwoordig toe haar suster oorlede is.
    7. The world is small …daar gaan altyd iemand wees wat jou ken, of iemand ken wat jou ken.
    8. Ek het wel al geleer hoe om CPR te doen. Another One Bites the dust of Stayin Alive was ons liedjies
    9. Ek het nog nie genoeg inligting om regtig ‘n opinie te lewer nie.
    10. JA! if it works, it works
    11. Ons sal sieeeeen….
    12. Hmm ek hou nie van spekuleer nie. Maar ek dink dis iemand wat hom wil “avenge”
    13. Sover lyk almal ‘n bietie “hoitie toitite”….bietjie vol van hulself.
    14. Ek dink nie die skuif na ST4 was goed nie. As iemand wat sukkel met angstigheid, dink ek dit gaan Lola meer laat stres om by daardie titel in te pas.
    15. My tone raak wit in die winter…ek het kouse, verwarmers, en komberse nodig.
    16. Ek dink hulle voel te sleg om iets te doen.
    17. Ek dink hulle het iets te doen daarmee.
    18. Dalk sien Lola spoke? In alle eerlikheid, ek dink dit het te doen met die trauma toe haar suster oorlede is.
    19. JAAAAA
    20. Dit is maar seker simbolies..maar dit lei wel na leidrade
    21. Geheime wat dalk veroorsaak word dat Asher vermoor was. Dalk het iemand iets gedoen wat hulle nie moes nie.
    22. Eerlik waar, as iemand wat ‘n bietjie van ‘n outcast was, ek dink net hulle verstaan hom nie. Dit kan ook heel moontlik jaloesie wees, maar ek glo ook hy was nie so populêr soos die ander ST4 lede nie.
    23. Weereens, ek gaan liewers nie die storie vir myself spoil deur om te spekuleer nie!
    24. Ek dink hy is familie dalk van Asher
    25. Een of ander middel wat nie wettig is nie (again, ek gaaaaaaan niiiieee spekuleeeeeer nie)

  9. Lopke (plainjane.readss) Avatar
    Lopke (plainjane.readss)

    1. Ek dink dit stel reeds ‘n interessante tempo vir iets “thrilling” en geheimsinnigs wat in die storie gaan gebeur.
    2. Op die stadium geen idee… Miskien wil hulle ‘n raaisel oplos, maar iets of iemand probeer hulle keer om die waarheid uit te vind?
    3. Ek is al van kleins af ‘n fliekliefhebber, so op daardie ouderdom wou ek ‘n aktrise word.
    4. n Rustige stappie werk goed vir my maar enige ander vorm van oefening laat my nie ontspanne voel nie.
    5. Dit klink asof iets traumaties in haar verlede kon gebeur het…
    6. Ek het aanvanklik gedink dit kon ‘n motorongeluk of ‘n onverwagte mediese noodgeval gewees het.
    7. Soos hulle altyd sê: Die verlede kom altyd terug om jou in die gat te byt.
    8. Ek vind dit eerlikwaar interessant en effens snaaks dat DAARDIE liedjie as ‘n tydsberekeningstegniek gebruik kan word. Dis beslis ‘n unieke manier om dit te doen.
    Ek het nog nooit professioneel geleer hoe om KPR te doen nie, net wat die flieks en TV-reekse uitgewys het.
    9. Ek weet nie veel van hom op hierdie stadium om ‘n mening te vorm nie.
    10. Ek dink sy is geregtig op haar reaksie omdat meeste ouer generasies nie bewus sal wees van die liedjie nie. Maar ek self sal dit vreemd vind omdat ek nie geweet het van die tegniek nie.
    11. Te vroeg om te sê omdat ons nog nie haar hele storie ken nie, maar gewoonlik help “new scenery” om n mens se kop skoon te maak.
    12. Voel dit kan dalk n bangmaaktegniek wees sodat die skuldige/skuldiges nie gevang kan word nie.
    13. Daardie drie het beslis ‘n paar interessante fisiese eienskappe – Ken & Barbie, en ‘n Mortal Kombat-karakter. Maar hulle het wel ‘n vriendelike en oop verwelkoming teenoor Lola – miskien ‘n bietjie te maklik verwelkomend…
    14. Sy het haarself definitief bewys as ‘n waardige kandidaat om daar te wees, maar dit lyk asof dit alles te vinnig gebeur. Die druk sal hoog wees om aan die vereistes te voldoen, so net tyd sal leer of dit goed vir haar sal wees.
    15. Ek het swak sirkulasie – my hande en voete loop altyd deur in die kouer seisoene. Ongelukkig kan die son alleen nie my warm hou nie.
    16. Mense treur verskillend en hulle het dalk nie die moed gehad om deur sy goed te gaan en daarvan ontslae te raak nie.
    17. Ek het dit vermoed. Ek het aanvanklik geen agterdog oor die kamermaats gehad nie, maar ‘n klein reaksie van Melissa terwyl sy in Asher se kamer was, het twyfel in my kop laat insluip.
    18. Ek dink sy sien die gees van haar suster? Ek spekuleer net op hierdie spesifieke oomblik as gevolg van hoe angstig sy raak as sy aan haar suster dink en dat sy ook pille drink wanneer sy angstig raak.
    19. Defnitief!
    20. n Leidraad…
    21. Moontlik n kamer vol geheime?
    22. Ek voel dit gaan meer oor jaloesie, maar ons weet nog te min van Asher om presies te kan sê.
    23. Dit lyk asof hulle almal regtig vir Asher omgegee het. Maar op hierdie stadium het ek net ‘n gevoel dat, as gevolg van sy manier van dood wat so ekstreem is, dit beslis persoonlik vir die moordenaar was.
    24. Op daardie stadium, net ‘n aantreklike man wat moontlik Lola se liefdesbelangstelling kon wees, maar ek het my vermoedens gehad…
    25. Onwettig voorgeskrewe medikasie of dwelms. Toe Lola dokter Adri gesoek het, het sy op n foto afgekom waar die meisie langsaan Asher staan. Dalk sy meisie? n Moontlike familielid/suster?

  10. Danielle Reddy Avatar
    Danielle Reddy

    Ek dink dit trek ‘n persoon ontmiddelik in die storie in, en dit het 100% my aandag getrek.
    Ek het geen idee, maar dit is seker iets te doen met Asher, en maybe wat met hom gebeur het.
    Ek wou graag ‘n veearts word.
    Glad nie! Ek hardloop juis as iemand my jaag.
    Seker haar geskiedenis en haar trauma.
    Ek dink sy is oorlede – seker in ‘n manier wat iets met Lola te doen.
    Ek dink die waarheid vind altyd ‘n manier om uit te kom. Dit is ook meer senuweeagtig om heeltyd te bekommer dat dit sal uitkom.
    Dit was vir my baie snaaks maar ook realisties. Ek weet mense het baie weird maniere om goed to doen. Ek weet nie hoe om KPR te gee nie.
    Hy klink nice genoeg. ‘n man wat kos maak is altyd ‘n wen vir my lol.
    Net so effens. Maar ek dink sy is nuut en mense wil net seker maak sy is nie net laf nie.
    Ja seker – dit is ‘n geleentheid vir ‘n vars begin.
    Op hierdie stadium weet ek niw. Maar ek dink nie Asher het enige iets te doen met die Ashbal van die proloog.
    Hulle voel almal bietjie fake vir my. Asof hulle te hard probeer om seker te maak Lola nie te veel vrae vra nie.
    Ek was baie verras veral na net een dag. Ek dink dit sit haar bietjie in die spotlig en dit gaan moeiliker wees om haar geskiedenis after her te los, want ons moet mense se jaloesie in ag neem.
    My voete kry vreeslik koud in die winter. Ek stem saam dat die winter son baie nice is, maar ek gebruik altyd ‘n elektriese kombers in the winter.
    Sy ouers will dit nie he nie, and hulle weet seker nie wat om met dit te doen nie. Dit voel ook weird om dit net weg te gooi.
    Ek het dit nie geraai nie maar ek dink dit is heelwat moontlik een van die Straumann 4 het iets te doen met dit.
    Lola is defnitief omgekrap. Mandi spook 100% vir Lola.
    Defnitief. Die omstandighede om sy dood is BAIE weird.
    Ek’s not nie seker nie – laat my dink hulle Straumann huis is bietjie vuil lol. Hulle kort ‘n exterminator.
    ‘n locker of maybe ‘n deur.
    Ek dink partykeer as iemand by slim is, sal mense hulle misverstaan of seker dink hulle is weird. Dis maybe wat met Asher gebeur het.
    Dit klink asof hulle almal van mekaar hou, en vir mekaar omgee maar dit is moeilik om te se want almal klink ook bietjie fake.
    Ek dink dit is iemand wie Asher geken het.
    Seker dwelms or pille. Eks nie seker oor die meisie maar seker ‘n girlfriend of iets van Asher.


Share This Article

Facebook
Twitter
Pinterest

Related Reviews