[aioseo_breadcrumbs]

Waar bloed kruip dag ses

Het jy gedink dat Melissa sou haar plan deurvoer om na die polisie toe te gaan? Wat dink jy van alles wat sy vir die polisieman gesê het?

Blake bevestig dat Lola gedrogeer was. Het jy geglo dat iemand iets aan haar gedoen het?

Blake is Asher se neef. Wat dink jy hiervan?

Blake sê dat niks wat gebeur het was vir haar bedoel nie, maar dink jy dit klink te toevallig?

Dink jy Olivia en Jonah gaan ‘n oulike paar maak?

Olivia, Lola en Jonah ontdek dat dokter Adri betrokke is by Asher se moord. Wat dink jy van hierdie onthulling?

Wat is jou gedagtes oor die boek? Het jy van die einde gehou?


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

8 responses to “Waar bloed kruip dag ses”

  1. Chanté Kennedy Avatar
    Chanté Kennedy

    1. Ek dink Melissa is eintlik n opregte persoon wat as gevolg van haar familie en vriende die verkeerde goed gedoen het. Ek was nie seker of sy sou deurgaan met haar plan nie; maar ek is bly sy het. Ek dink nie rerig veel oor wat die polisieman gesê het nie.
    2. Ja ek het
    3. I KNEW IT. Alles maak sin
    4. Nee, ek dink rerig dit was nie vir haar nie. Ek dink sy was “in the wrong place at the wrong time.”
    5. Nie rerig nie; maar ek is bly vir hulle.
    6. Crazy stuff. Ek het dit glad nie verwag nie.
    7. Ek dink oor die algemeen was dit n goeie Boek. Ek wens net daar was meer drama en meer “thriller” eienskappe. Ek dink dit kon ook langer gewees het op so manier. Daar is ook baie loose threads. Ek wil graag meer weet oor die drug-dealing, ek wil weet of die Prof in die moeilikheid gekom het en was sy gehuim onthul? En die einde voel soos n cliffhanger. Ek soek nog!

  2. Helen Faber Avatar
    Helen Faber

    1. Ja, sy het nogal gedaan geklink. Die ST4 huis mense was regtig onverantwoordelik gewees.
    2. Wel, dis nie te moeilik om te glo nie. Justin het geweet van haar medikasie en sy kon dit nie altyd vind nie, so dalk het hulle haar gedrug. Alhoewel, Blake was die een wat gereeld vir haar koffie aangedra het.
    3. Ek het dit geweet! (Nie dat hulle neefs was nie, maar wel dat hulle familie was)
    4. Ek weet nie, ek glo nie hy wou haar seermaak nie…
    5. Ja, baie. Hulle klink klaar smoorverlief. En hulle is altwee gawe mense.
    6. What a twist!! Ek het dit glad nie sien kom nie. Praat van die een wat mens die minste verwag.
    7. Dit was soooo goed gewees. Ek was vasgenael, en ek MOES weet wat die einde was. Hierdie boek is hoekom ek so lief is vir sielkundige rillers.

  3. @books.bubbles.beach Avatar
    @books.bubbles.beach

    Ek het nie gedink Melissa sou polisie toe gaan nie.
    Dit maak sin dat iemand vir haar gedrug het want ek dink nie daar was iets fout met haar nie.
    Dit was vir my nuus dat hulle neefs is, maar maak sin op die einde, want ons sal enige iets vir familie doen.
    Ek wil die beste van Blake glo en dink dat hy nie vir Lola sou iets aan doen nie.
    Hulle gaan ‘n baie oulike paartjie maak.
    Groot ‘plot twist’ vir my.
    Ek het baie van die hele boek gehou. Dit het ‘n goeie ‘build up’ gehad, tot die laaste twis van die moordenaar, en dan het ons daai laaste bladsy van onthulling!

  4. Lopke (plainjane.readss) Avatar
    Lopke (plainjane.readss)

    1. Op hierdie stadium het ek haar vertrou. Ek dink sy het geweet dat alles vir hulle verby was en dat hulle nie meer van hul dade kon ontsnap nie.
    2. Ek het geweet sy was nie in haar regte fisiese toestand nie as gevolg van hoe verward sy geklink het. Maar ek het gedink miskien was dit net al die waarheid wat opgekom het wat ‘n negatiewe impak op haar liggaam gehad het.
    3. Ek het my vermoedens gehad! Ek het geweet dat daardie vinnige melding van die ander seun op die video uiteindelik aan die lig sou kom.
    4. Ek dink nie hy wou haar seermaak nie, maar hy kon dalk ‘n ander tegniek gebruik het eerder as om haar aan ‘n bed vas te maak en haar te laat dink sy het weer mal geword. Veral met hoe traumaties daardie gevoel vir haar was.
    5. My gunstelinge! Ek is mal oor hulle en hoop hul verhouding bly sterk.
    6. Ek het dit geraai – ek het geweet dit kon sy wees! Veral as gevolg van daardie oomblik by die funksie oor haar man en professor Charles, en daardie klein verwysings na ‘n kort vrou in die hospitaal. Ek het wel my motief verkeerd gehad, want ek het gedink dit sou gaan oor haar huwelik wat in ‘n krisis is as gevolg van daardie videobewys wat Asher gehad het.
    7. Ek was mal daaroor! Ek dink dit was wonderlik en ongelooflik goed geskryf. Dit het my die hele tyd op die punt van my stoel gehou en my brein het aanhoudend aan die werk gegaan oor moontlike teorieë tot die heel einde van die boek. Ek sal beslis my oog op die skrywer se huidige en toekomstige werk hou.

  5. Rochelle Bouwma (Bookstashelly) Avatar
    Rochelle Bouwma (Bookstashelly)

    1. Ek glo dat Melissa die regte ding gedoen het om polisie stasie toe te gaan. Ek dink ook dat Justin ‘n lafhart is wat al die blaam op Melissa probeer plaas.
    2. Ek het nie gedink dat dit die rede vir hallusinasies was nie.
    3. Ek het eerlik gedink Blake is Asher se boetie.
    4. Nee, ek glo Blake wou rêrig net die ander 3 treiter.
    5. Ek dink hulle sal ‘n baie oulike paartjie maak.
    6. Ek het dit glad nie sien kom nie. Ek het die hele tyd geglo dat Justin die moordenaar was.
    7. Ek het die ongelooflike baie geniet.

  6. Natasha (the_bookbasket) Avatar

    1. Sy het nogals ernstig gelyk om alles van haar bors te kry. Ek was nogals verbaas oor wat sy alles gesê het.
    2. Nee, ek het regtig gedink sy is weer besig om te halusineer.
    3. Dit was nogals ‘n skok gewees, maar dit het sin gemaak hoekom hy so ernstig was om die moordenaars te kry.
    4. Ongelukkig is daar altyd “casualties” in sulke gevalle, so hy mag dalk ernstig gewees het, maar Lola was net altyd op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.
    5. Ja hulle klink of hulle gelukkig gaan wees.
    6. Ek was heel verbaas want ek het nie gedink sy speel so groot rol in die storie nie.
    7. Ek het baie van die boek gehou. Dit was so boeiend!

  7. Toni Van Der Westhuizen Avatar
    Toni Van Der Westhuizen

    1. Ek was skepties of Melissa werklik die moed sou hê, maar dit voel of sy uiteindelik besef het dat die gewig van die leuens te swaar geword het. Haar belydenis aan die polisie was haar enigste manier om haar siel terug te kry, selfs al beteken dit sy moet die gevolge dra. Dit was hoogtyd dat iemand verantwoordelikheid aanvaar vir die chaos in die ST4-huis.

    2. Dit maak heeltemal sin. Lola se verwarring was te intens om bloot sielkundig te wees. Hoewel Justin die voor die hand liggende sondebok was weens sy aggressie, was Blake se konstante “vriendelikheid” en die koppies koffie wat hy aangedra het, eintlik ’n rooi vlag wat ons dalk misgekyk het.

    3. Dit verander alles! Dit verduidelik sy obsessie met die saak en hoekom hy so bereid was om die reëls te buig. Dit gee hom ’n menslike motief (wraak), maar dit maak hom ook gevaarlik omdat hy bereid was om Lola as ’n pion in sy eie familie-vete te gebruik.

    4. In ’n mediese riller is niks ooit “toevallig” nie. Hoewel hy dalk nie beplan het dat sy so diep in die moeilikheid beland nie, het hy haar doelbewus in die middel van die vuurlyn geplaas om die ander studente te ontmasker. Hy het haar veiligheid opgeoffer vir sy eie planne, en dit voel ’n bietjie te gerieflik om dit net as “toevallig” af te maak.

    5. Definitief! Hulle is die “anligte” in ’n baie donker storie. Jonah se lojaliteit en Olivia se kennis maak hulle ’n sterk span, en na al die verraad in die hospitaal, verdien hulle ’n bietjie geluk. Hulle balanseer mekaar goed uit.

    6. Dit was die ultimate “plot twist”! Sy was so onopvallend en professioneel dat sy nooit op my radar was nie. Dit wys net weer dat die mense wat die stilste is, dikwels die donkerste geheime dra. Die feit dat sy haar mediese kennis gebruik het om ’n moord te pleeg, is die hoogste vorm van verraad in die hospitaal.

    7. Die boek was ’n intense rit van begin tot einde. Ek het veral gehou van hoe die sielkundige elemente (die hallusinasies en die dwelms) jou as leser heeltyd laat twyfel het aan wat waar is. Die einde was bevredigend, maar dit laat jou ook met ’n koue rilling oor hoe maklik mag in ’n hospitaal misbruik kan word. Dit is definitief ’n storie wat in jou kop bly steek lank nadat jy die laaste bladsy gelees het.

  8. Danielle Reddy Avatar
    Danielle Reddy

    Ek was nie oortuig sy gaan regtig dit doen nie. Dit het amper gevoel soos iets wat sy sê in die oomblik. Maar ek is bly sy het wel deurgedruk. Wat sy vir die polisieman gesê het, het vir my half deurmekaar gevoel, maar mens kon sien sy probeer regmaak wat sy kan.

    Ja, dit het vir my sin gemaak. Die manier hoe sy opgetree het, het nie gevoel soos iemand wat net oorweldig is nie.

    Ek was nie heeltemal geskok nie, maar dit het alles baie beter laat in plek val. Dit verduidelik nogal baie van sy gedrag.

    Ek weet nie… dit voel net te netjies om toevallig te wees. Ek verstaan wat hy sê, maar iets daar sit nog nie reg by my nie.

    Ek dink hulle sal actually baie goed saamwerk. Hulle het daai maklike vibe wat net werk.

    Ek het dit glad nie sien kom nie. Dit was vir my een van daai oomblikke waar jy net sit en dink wat gaan nou aan 😭

    Ek het die boek oor die algemeen geniet. Dit was vir my interessant en het my nuuskierig gehou. Maar ek voel daar is nog baie goed wat nie heeltemal uitgepak is nie. Ek sou graag meer wou sien van sekere storielyne, veral rondom alles wat agter die skerms aangegaan het. Die einde het my ook laat voel daar is nog iets wat kort.


Share This Article

Facebook
Twitter
Pinterest

Related Reviews