Na ‘n dag in die hospitaal, val Lola op haar bed. Sy google vir Asher om meer uit te vind oor sy moord. Wat dink jy van Asher?
Toe Lola die geluid by haar deur gaan ondersoek, sien sy ‘n ry miere. Wat dink jy verwys die miere na? Is dit net toevallig? Of soos Mandi, het hulle dalk ‘n dieper betekenis?
Wat is jou eerste indruk van Blake?
Hoekom dink jy was daar ‘n kakkerlak op Lola se nek? Dink jy dit het net op haar geloop terwyl sy op die bed gelê het of, was dit daar geplaas?
Wat dink jy van Lola se reaksie teenoor Blake. Dink jy hy is ook skielik oorals?
Dink jy Lola se opinie van dokter wees is meer optimisties as pragmaties?
Lola het nogals baie chemie met Jonah. Dink jy daar kan dalk ‘n liefdesdriehoek wees tussen Lola, Blake en Jonah?
Hoekom dink jy was Asher bang vir die ander drie? En watter geheime het Asher gehad dat die ander drie nie van gehou het nie?
Olivia waarsku vir Lola. Hoekom dink jy doen sy dit?
Wat dink jy van Melissa se matchmaking?
Duidelik is die kakkerlakke ‘n simbool vir iets of verwys dit na iets. Wat dink jy?
Lola sien die woorde “Ek weet wat jy gedoen het” in die spieël. Waaraan dink jy is Lola skuldig?
Hoekom dink jy moet Lola die misterie van Asher se dood oplos?
Dink jy Lola se droom is wat met Mandi gebeur het?
Wat dink jy is op die USB-stokkie? Waarmee was Asher besig?
Die dag by die pediatriesaal het goed begin, skielik het die atmosfeer verander toe Dokter Herman Marai ingestap het, Wat dink jy van die karakter?
Wat dink jy het Olivia gedoen om Herman te verander?
Lola en Blake het ‘n oulike oomblik in die museum. Dink jy daar is ‘n rede hoekom Blake haar nie gesoen het nie?
Wat dink jy van wat ons geleer het by Justin en die misteriese persoon met wie hy gesels het?
Dink jy dit is toevallig dat die kadawer se naels dieselfde kleur soos Lola se was?
Dink jy almal is in op dieselfde geheim rakende die pille?
Cayden se ma deel iets met Lola oor Asher. Dink jy Asher het oor sy kop gewerk om pasiënte bo en behalwe te help?
Wie dink jy het Lola dop gehou? En hoekom dink jy was Blake so vinnig daar? Dink jy hy het gejok?
Jonah het dit reg gekry om die USB-stokkie se geënkripteerde lêer te oplos. Wat dink jy van wat daar op is?
10 responses to “Waar bloed kruip dag twee”
-
@books.bubbles.beach
Ek was geskok om te hoor hoe Asher dood is.
Daar moet n rede wees hoekom daar so baie na miere verwys. Weet nog nie hoekom nie. Daar gaan n dieper betekenis wees.
Blake is skielik baie in die kollig, hy hou van Lola of iemand het vir hom gese hy moet haar dophou.
Asher moes iets uitgevind het oor die drie en hulle het hom afgepers.
Olivia wil nie hê iets moet ook met Lola gebeur nie.
Ek dink Jonah is net n goeie vriend.
Die kakkerlakke beteken iets is vuil / nie reg nie.
Ek dink Lola is skuldig dat haar tweeling dood is.
As sy kan uitvind wat met Asher gebeur het, sal dit haar nie so skuldig oor haar suster laat voel nie.
Die droom is wat met hille gebeur het.
Asher het geweet van die dwelms wat Justin handel en hy het bewyse op die usb stokkie.
Blake het haar nie gesoen nie want hy moet uitkyk om te sien wat sy weet.
Die pers naels is miskien n leidraad oor wat met Lola gebeur het by Thunderview.
Asher het uit sy pad uit gegaan om die kinders te help. Miskien het hy n siek broer gehad toe hy klein was, wie was die seun op die video in die eerste hoodstuk saam met hom?
Ek dink een van die 3 huismaats hou haar dop. Blake hou n oog oor Lola so hy is altyd naby.
Ek het glad nie dit verwag wat op die usb stokkie was nie. Dit was skokkend. -
1. Ek dink Asher het baie geheime gehad wat ongelukkig gelei het tot sy dood.
2. Daar is ‘n groot moontlikheid dat die miere iets simboliseer, ‘n groot leidraad wat ons dalk nie nou raaksien nie.
3. Ek vertrou hom nie heeltemal nie, ietsie sê net vir my Lola moet op haar hoede wees rondom hom, en dit lyk of hy weet hoe om haar omkant te vang.
4. As daar kakkerlakke in die huis is dan is daar heel moontlik iets wat nie mooi skoon gemaak is nie, ek vermoed iets in die mure. Ek het nie eers gedink aan die opsie dat dit op haar geplaas was nie, maar deur wie, sal my vraag wees. Dit kan dalk in haar kamer/bed geplaas gewees het en toe op haar gekruwel het.
5. Definitief, hy maak verskynings wanneer mens nie eers gedink het hy speel ‘n groot rol nie.
6. Ek dink so, maar almal hoop eenkeer in hulle lewe om ‘n verandering te maak. Natuurlik kan mens nie die hele wêreld red nie, maar as jy jou deel bring – en hoop ander doen dieselfde – dan is daar so klein bietjie hoop.
7. Ek het so ‘n idee gekry ja. Ek vertrou op die oomblik meer vir Jonah as Blake om baie eerlik te wees.
8. Die ander drie klink nogals of hulle van “control” hou, en as iemand nie in hulle boks val nie, kan koppe stamp, veral Justin en Duke. Melissa klink meer dood ‘n mediator. Ek vermoed Asher het iets geweet van elkeen van hulle wat hulle dalk in groot moeilikheid met die hospitaal sal bring.
9. Sy het dalk ‘n goeie hart en wil nie hê Lola moet in dieselfde bootjie as Asher beland nie.
10. Sy probeer ook seker net Lola gemaklik maak in die vreemde omgewing, of, sy het ‘n hidden agenda.
11. Ek dink definitief so.
12. Sy het seker met haar sussie in die kar baklei en hulle het ‘n groot ongeluk en heel moontlik iemand anders se dood ook veroorsaak.
13. Ek dink sy voel gevang in die middel. Sy wil weet wat gebeur en niemand gee regtig vir haar antwoorde nie, en nou ontdek sy al hierdie leidraade. Sy voel seker sy moet haarself ook bewys aan haar ouers en die nuwe span.
14. Ek vermoed so ja, maar ek dink ook daar is baie meer as net die ongeluk.
15. Dalk dokumente wat iemand kriminiliseer, of iets uitwys wat iemand in groot moeilikheid kan bring.
16. Hy gee my die gevoel van een van daai dokters wat vir hul pasiënte sê “Ek het vier grade en ek weet wat is beter vir jou en jou opinie as my pasiënt tel nie want jou simptome maak nie sin nie”. Bombasties en ongeskik, basies.
17. Sy het heel moontlik sy hart gebreuk.
18. Miskien speel hy met haar gevoelens, kyk hoe ver kan hy dit reg kry om haar te manipuleer.
19. Ek vermoed die ST4-groep het saam gewerk om dwelms aan ander dokters uit te deel. Dis dalk iets wat hulle besluit het om te doen om geld aan die kantlyn te maak terwyl hulle studeer want ek kan dink hulle kry dalk nie baie geld in die posisie wat hulle nou is nie.
20. Dit mag dalk wees, in sekere gevalle is sulke goed maar net “hair raising coincedences”.
21. Ek dink daar is ‘n handvol wat nie van die pille weet nie, maar die dokters praat heel moontlik onder mekaar, so iemand soos Lola wat nuut is sou seker later aan die tyd uitgevind het as sy nie op Justin en die ander persoon se gesprek afgekom het nie. Die ST4-groep sou dalk mettertyd haar oor die pille laat weet het sodra hulle voel hulle kan haar vertrou.
22. Cayden se ma se gesprek met Lola gee my die indruk dat Asher baie lief was vir die klein kinders – ek dink Melissa het dit ook gesê in die begin – so miskien was sy passie om klein kindertjies te help en hy het alles in sy vermoë gedoen om die te help wat of sukkel of deur ‘n moeilike tyd gaan.
23. Heel moontlik iemand wat wil sien waarmee sy besig is – iemand wat wil seker maak sy kom nie op geheime af wat hulle probeer wegsteek nie. Blake was heel toevallig so vinnig daar omdat hy dalk net van die hospitaal afgekom het – ek gee hom die benefit of the doubt vir nou. Ek dink nie hy het gejok nie, maar ek vermoed hy steek iets weg.
24. Dis definitief nie wat ek gedink het dit gaan wees nie. Ek dink wel daar is meer goed op die stokkie as net die een geheim. -
Rochelle Bouwma (Bookstashelly)
1. Asher klink soos die tipiese voorbeeld van dis te goed om waar te wees.
2. Ek vermoed dat die miere ‘n dieper betekenis het, moontlik die leser in te lig dat alles nie is soos dit voorkom nie.
3. Blake kom vir my voor asof hy ook opsoek is na ‘n nuwe begin.
4. Ek vermoed dat die kakkerlak op Lola geplaas was.
5. Ek dink Lola is besig om gevoelens vir Blake te ontwikkel, dus is sy net meer attent op waar hy is.
6. Lola kom baie meer as ‘n optimistiese karakter voor.
7. Ek vermoed Jonah gaan net ‘n goeie vriend vir Lola wees.
8. Ek vermoed dat Asher geweet het van die pille en die inligting gebruik het om die ander 3 af te pers.
9. Ek vermoed Olivia probeer net help.
10. Melissa probeer ‘n vriendin wees, ek dink haar matchmaking is nogal oulik.
11. Ek vermoed Lola se subconscious is erg nuuskierig en wil net die raaisel oplos.
12. Lola se droom, glo ek, was ‘n manier om die leser in te lig oor hoe Mandi oorlede is.
13. Ek vermoed dat Asher inligting oor sy huis maats gehad het wat hy gebruik het om hulle af te pers.
14. Dr Herman Marais kom voor as ‘n ongeskikte buffel van ‘n man.
15. Ek vermoed Olivia het Herman se hart gebreek.
16. Ek vermoed Blake probeer professioneel bly, aangesien hy die departementshoof is.
17. Ek vermoed Justin verkoop voorskrif medikasie.
18. Ek vermoed Lola vergelyk haar passie vir lewens red met die kadawer wat haarself vir mediese navorsing geskenk het.
19. Ek vermoed meeste van die studente is betrokke.
20. Ja, ek vermoed dat Asher bo sy kop gewerk het.
21. Ek vermoed iemand probeer vir Lola bang maak, maar ek dink nie dit was Blake nie. Ek dink Blake het net toevallig op die daai oomblik by die huis gekom.
22. Ek vermoed Asher het af pers materiaal op die USB stokkie gestoor. -
Helen Faber
1. Ek dink dat hy ‘n baie gekompliseerde mens was, en hoe meer ek van hom hoor, hoe meer dink ek dat ‘n paar mense rede gehad het om hom van kant te maak.
2. Ek dink die miere verwys na iets wat besig is om te broei – daar is groot moeilikheid aan die kom.
3. Beslis dat hy aantreklik is en ook dat hy ‘n baie broeiende mens is. Ek weet nog nie of dit goed of sleg is nie.
4. Wel, daarna het daar nog kakkerlakke begin verskyn – ek dink iemand probeer haar uitfreak.
5. Hy is regtig skielik orals, dis asof hy haar agtervolg…
6. Wel, sy hou duidelik van mense en van lewens red, so dalk ‘n bietjie van beide?
7. Beslis, ja. Maar ek dink ongelukkig dat Blake gaan wen 😉
8. Ek dink hulle het geweet dat hy besig is met ‘n afpersingskema, en dat hulle gevaarliker is as wat hulle lyk.
9. Omdat sy en Asher dalk close was en sy probeer ook dalk vir Lola gebruik om uit te vind of hulle iets met Asher se dood uit te waai gehad het.
10. Ek dink sy probeer om Lola se aandag op iets anders te vestig, sodat sy nie te diep in Asher se storie inkyk nie.
11. Ek dink dit verwys na iets – kakkerlakke word gewoonlik doodgemaak omdat hulle ‘n vervuiling is…dalk probeer iemand vir Lola ‘n boodskap stuur?
12. Ek dink nie die boodskap was vir haar bedoel nie…en as dit was, gaan dit sekerlik oor haar sussie se dood.
13. Sodat sy vrede kan hê terwyl sy in sy kamer bly
14. Heel moontlik. ja.
15. Iets wat hy probeer wegsteek – dalk oor iemand anders. Heel moontlik met afpersing of om inligting bymekaar te maak om iets te ontbloot.
16. Ek dink hy’s bombasties, ongeskik en vol van homself.
17. Hulle het tien teen een gedate en sy het seker sy hart gebreek.
18. Hy wik en weeg seker nog of dit so goeie idee is, veral aangesien hy haar baas is. Of hy lei haar aan.
19. Justin en Asher het (ek dink) saam dwelms verkoop en Justin was nie mal oor Asher nie. Ek wonder al hoe meer of hy nie iets met Asher se dood uit te waai gehad het nie.
20. Ja, definitief. Alhoewel, met die kakkerlakke saam en die misteriese mens buite haar venster weet ek nie…
21. Definitief die ander drie mense van die Top-4, ja.
22. Ja, ek dink hy het dalk. Dit klink beslis asof hy meer as sy pligte gedoen het.
23. Ek wonder of dit nie Blake self was nie, dalk net om haar uit te freak of te kyk waarmee sy besig is… So, ja. Ek dink hy jok.
24. Ek dink Asher het al meer mense op sy lysie van potensiele moordenaars… -
Simone Birkholtz
1. Ek dink Ashed was oor die algemeen n goeie mens.”Partykeer doen goeie mense ook slegte goed.” So dit klink of hy deel was van die moontlike dwelmsmokkeling, maar dalk het hy geen ander keuse gehad nie…
2. Ek is oortuig daarvan dat die miere iets beteken! Ek begin al wonder of Asher se oorskot onder die vloer le of iets!
3. Ek wil glo dat Blake goeie intensies het, maar iets voel net…af?
4. Ek dink dit was regtig baie slegte geluk. Die huis is heeltemal vol van die goed, so dit het dalk op haar geval of sommer net op haar geklim.
5. Hy is regtig orals! Mens knip net jou oe, dan is hy daar.
6. Dit kan tog ook bietjie van altwee wees, in my opinie.
7. Ek het juis gewonder of die twee dalk eerder beter bymekaar pas! Ek voorspel n driehoek in Lola se toekoms.
8. Ek dink Asher het dalk sy neus in ander se besigheid gesteek, dit geheim gehou, en dit het hom laat verdag lyk. Dit sou maak dat hulle nie van hom hou nie, en dalk hulle eie geheime beter versteek, of hom selfs dreig. En dit sal enige iemand bang maak as 3 mense tesame jou dreig.
9. Olivia weet dat Asher bang was vir hulle, al weet sy dalk nie alles nie. So sy wil heel moontlik vir Lola, die nuwe vrou, beskerm.
10. Goeie intensies? Of alternatiewe motivering…
11. Ek dink die kakkerlakke is agter iets aan! Iewers in die huis is iets versteek, en dit gaan siesa wees!
12. Sy was in die ongeluk met haar suster. Wie okal daai nota geskryf het, dink dalk Lola is skuldig vir die ongeluk.
13. Kan werklik nie se nie, ek het geen idee hoekom dit juis haar verantwoordelikheid is/moet wees nie.
14. Ek dink so, ja!
15. EK het verwag dit gaan meer bewyse wees oor die dwelm smokkelaary.
16. Dokter Herman Marai is definitief nie aangenaam nie, maar wat dit veroorsaak het is die groter vraag.
17. Sy het hom dalk uitgevra oor geheime waarvan hy meer weet, of hom betrap iets sleg/verkeerd doen.
18. Ek dink Blake speel met Lola se emosies. Hy wil haar oortuig dat hy n goeie mens is, terwyl hy dalk eintlik iets wegsteek. Op hierdie stadium lyk al die krakters vir my verdag!
19. Ek weet nog nie se lekker nie.
20. Nee, ek dink iemand wil vir Lola skok, of somehow skuldig laat voel. Dis definitief n teken vir iets, maar WAT?!
21. Ek begin al meer en meer so dink, ja. Die drie is vreeslik close, en ek dink nie daar is geheime tussen hulle nie. Hulle almal is betrokke op n manier.
22. Ek dink Asher sou alles doen wat hy kon om mense se lewens bietjie makliker te maak, al was dit dalk nie eties nie.
23. Ek vermoed Blake het gejok, en dis hy wat probeer het om op haar te spioeneer.
24. Ek dink dis juis wat vir Asher in die moeilikheid beland het. Of ten minste deel van die oorsaak.
-
1. Almal praat net heeltyd oor hoe wonderlik Asher was. Ek dink hy klink te goed om waar te wees.
2. Die miere het beslis ‘n dieper betekenis, ek kan net nog glad nie agter kom wat dit is nie.
3. Blake verskyn te veel om elke hoek en draai, dit voel of hy vir Lola dophou. Ek verdink op hierdie stadium almal, maar dalk probeer hy haar beskerm?
4. Ek dink nie die kakkerlak was op haar geplaas nie, maar die kakkerlakke is dalk in die huis geplaas.
5. Ek het reeds in vraag nr. 3 genoem hy is skielik orals. Dit lyk of Lola so ‘n bietjie verlief is op hom, maar sy is steeds effens agterdogtig.
6. Ek dink so – as dokter gaan jy nie altyd net almal kan red nie.
7. Op hierdie stadium dink ek nie dat Lola enige gevoelens vir Jonah het nie, maar dalk hy vir haar.
8. Ek dink eerder dat hy iets van hulle geweet het wat hulle nie wou he moes uitkom nie.
9. Dit lyk of Olivia regtig net vir Lola probeer beskerm.
10. Ek dink dit is net ‘n manier om te probeer om Lola se vriendin te wees en haar beter te leer ken sodat Lola haar vertrou.
11. Iets vuil; iets af; iets ‘rotten’.
12. Ek dink sy was dalk indirek op ‘n manier verantwoordelik vir die ongeluk waar in Mandi oorlede is.
13. Ek dink sy gaan nie veilig voel in haar nuwe omgewing voor sy nie die raaisel van Asher se dood opgelos het nie.
14. Ja ek dink Lola se droom is wat regtig gebeur het – maar daar is meer aan die storie as net ‘n ongeluk.
15. Ek dink daar is iets op die USB waarmee hy ander persone kon afpers.
16. Dr Herman kom voor as ‘n ogeskikte beterweterige man.
17. Olivia het heel moontlik Herman se hart gebreek.
18. Ek weet nie of hy regtig iets vir haar voel en of hy net so na as moontlik aan haar probeer kom sodat hy haar kan manipuleer nie.
19. Dit bevestig dat van – of almal van hulle besig is om met medikasie/dwelms te smokkel.
20. Ek dink dis toevallig – net iets om die leser af te gooi.
21. Ek vermoed meeste van die studente is betrokke en dis vir hulle ‘n lekker manier om geld te maak.
22. Dit lyk of Asher alles in sy vermoë gedoen het om kinders te help. Dalk iets uit sy verlede wat dit aangespoor het.
23. Ek het geen idee wie haar dop gehou het nie – maar ek dink nie enige van haar huismaats het nodig om haar van buite af dop te hou nie.
24. Ek het glad nie verwag dat dit is wat op die USB-stokkie gaan wees nie. Dit bring nou weer ‘n nuwe verdagte in die prentjie.
-
Chante Kennedy-De Klerk
1. Sover klink Asher soos ‘n baie interessante en gekompliseerde persoon.
2. Ek dink die miere is dalk Lola se subconcious wat iets vir haar wil sê. Ek glo nie hulle is regtig daar nie
3. HAWT-EE. Maar om ernstig te wees, hou ek baie van hom.
4. Oef, moeilik om te sê. As dit wel op haar geplaas was, wie was dit? Wil iemand haar wegjaag?
5. Ek voel hy is redelik orals ja. Ek wonder hoekom die skrywer dit so beklemtoon. Blake gaan seker ‘n baie belangrike rol speel.
6. Ek dink Lola is redelik optimisties. Ek dink sy het die postiewe uitsig nodig as ‘n mens in ag neem wat met haar suster gebeur het.
7. Ek dink nie daar is veel chemie tussen die twee nie. Ek dink net hy is ‘n goeie vriend.
8. Ek dink hulle was saam in een of ander stoute bezigheid, en Asher wou uit. Die ander het hom dalk gedreig om niks te sê nie.
9. Sy wil nie hê wat met Asher gebeur het, met Lola ook gebeur nie
10. Eerlik waar, hier gaan ek nie spekuleer nie.
11. Dit voel vir my die kakkerlakke is ‘n manier om Asher voor te stel (if you get what I’m saying). Dis asof hy haar lei na sy moordenaars toe.
12. Ek weet nie of die boodskap vir haar bedoel was nie, maar tog voel sy skuldig oor iets. Dalk het sy dronk bestuur?
13. Ek dink dit sal vir haar closure gee oor haar suster se dood.
14. Ek dink so ja
15. Ek dink Asher het ‘n klom evidence of so op sy stokkie guest, om mense of af te pers of hulle te expose
16. Herman kan in ‘n gat gaan val en daar bly.
17. Sy was dalk saam Herman, en toe op hom verneuk met Asher?
18. Ek dink nie hy is al bereid om betrokke te raak met haar nie, aangesien sy nou deel is van die ST4
19. Dit lyk asof hy dwelms verkoop.
20. Ja wat
21. Dit voel vir my so.
22. Dit voel vir my so ja
23. Hmmm weereens, wil ek nie spekuleer nie. Dalk was dit hy? Dalk wil hy kyk of Lola enige iets weet van Asher se moord?
24. Very interesting….everything is not as it seems neh. -
Toni Van Der Westhuizen
1. Ek dink Asher is die klassieke “tragiese held” met ’n donker kant. Hy klink dalk op die oppervlak te goed om waar te wees, maar die feit dat hy moes google vir sy eie veiligheid wys hy was in iets betrokke wat hom ingesluk het. Hy was dalk ’n goeie mens wat slegte keuses gemaak het om ander te help.
2. Niks in hierdie hospitaal-opset is toevallig nie. Die miere voel soos ’n simbool vir iets wat van binne af vrot of “broei,” net soos die geheime in die huis. Dit herinner my aan die idee dat waar daar een is, daar duisende ander onder die oppervlak wegkruip.
3. My eerste indruk is dat hy doelbewus geheimsinnig is. Hy is aantreklik en charismaties, maar hy verskyn net te gerieflik op die regte tye. Dit laat my wonder of hy haar beskerm en of hy haar bloot monitor.
4. In ’n huis wat reeds so “creepy” is, voel dit minder soos slegte higiëne en meer soos sielkundige oorlogvoering. Ek dink dit is moontlik daar geplaas om Lola uit te freak en haar onwelkom te laat voel.
5. Sy is duidelik gefassineer deur hom, wat haar oordeel dalk bietjie bewolk. Hy is definitief “skielik orals,” wat gewoonlik in ’n riller beteken dat hy haar agtervolg eerder as om haar toevallig raak te loop.
6. Sy is beslis meer optimisties. Sy glo sy kan ’n verskil maak, maar sy gaan vinnig leer dat die mediese wêreld (en hierdie hospitaal spesifiek) jou ideale baie vinnig kan knak.
7. Daar is beslis chemie met Jonah, en hy voel tans vir my meer betroubaar as Blake. ’n Driehoek is amper onvermydelik, veral as Lola tussen “veiligheid” (Jonah) en “gevaar” (Blake) moet kies.
8. Asher het heel moontlik bewese inligting gehad oor die ander drie se onetiese gedrag (soos die pil-smokkelary). As jy drie mense gelyktydig afpers of teenstaan, is jy met reg bang vir jou lewe.
9. Olivia het waarskynlik gesien hoe Asher se ondergang begin het en sy herken dieselfde patrone by Lola. Sy wil dalk nie nog ’n “slagoffer” op haar gewete hê nie.
10. Dit voel vir my soos ’n afleidingstaktiek. As Lola besig is met romanse, gaan sy minder vrae vra oor wat regtig in die gange van die hospitaal aangaan.
11. Hulle simboliseer “vervuiling” en dinge wat in die donker floreer. Dit is ’n boodskap aan Lola dat sy haar in ’n plek bevind wat ongesond en gevaarlik is.
12. Dit verwys heel moontlik na die motorongeluk. Al was dit dalk ’n ongeluk, dra Lola die skuldgevoel asof sy Mandi se dood veroorsaak het, en iemand gebruik daardie swakheid teen haar.
13. Sy bly in sy kamer en loop in sy voetspore. Sy moet die raaisel oplos nie net vir vrede nie, maar vir haar eie oorlewing—sy is nou die volgende teiken.
14. Ja, drome in sulke stories is selde net drome. Dit is waarskynlik haar onderbewussyn wat probeer om die traumatiese feite van die ongeluk te verwerk en moontlik leidrade wat sy onderdruk het, na vore te bring.
15. Ek dink daar is bewyse van korrupsie of mediese nalatigheid op wat veel groter is as net die huismaats se dwelmverkope. Dit is die “smoking gun” van die hele hospitaal.
16. Hy is die tipe karakter wat sy mag misbruik om mense te intimideer. Hy gee my die “vibe” van iemand wat dink hy is bo die wet omdat hy lewens red.
17. Hulle het definitief ’n geskiedenis. Sy het dalk iets uitgevind van sy werk of sy verlede wat hom “verander” het van ’n dokter na ’n vyand.
18. Blake hou haar dalk op ’n afstand omdat hy weet dat ’n verhouding dinge ingewikkeld gaan maak, of hy manipuleer haar deur haar te laat smag na meer.
19. Dit bevestig dat daar ’n groter sindikaat of netwerk binne die hospitaal is. Justin is duidelik net ’n klein rat in ’n baie groter masjien.
20. In hierdie boek is niks toevallig nie. Dit is ’n direkte waarskuwing aan Lola: “Jy kan volgende wees.” Dit is bedoel om haar tot in haar siel te skud.
21. Ek dink die meeste van die senior studente en dalk selfs van die dokters weet daarvan. Dit is ’n “openbare geheim” wat almal beskerm ter wille van die geld of die gerief.
22. Dit pas by sy karakter. Hy was dalk so passievol oor die kinders dat hy onwettige metodes gebruik het om vir hulle medikasie of sorg te kry wat die hospitaal nie wou verskaf nie.
23. Ek dink Blake het gejok. Hy was te vinnig daar om bloot “verby te ry.” Hy hou haar dop, maar die rede daarvoor (beskerming of spioenasie) is nog onduidelik.
24. Dit gaan waarskynlik die hele storie op sy kop keer en wys dat die mense wat Lola die meeste vertrou, eintlik die skuldigste is.
-
Lopke (plainjane.readss)
1. Dit het gelyk of Asher deur sy vriende en kollegas baie geliefd en gerespekteer was. Hy het ‘n passie vir dokterskap gehad en sy pasiënte bo alle verwagtinge liefgehad.
2. Die miere het defnitief n dieper betekenis. Wat hulle verteenwoordig… het ek geen idee nie op die stadium nie.
3. My eerste indruk van Blake was dat hy aantreklik voorkom, wat moontlik tot ‘n liefdesbelangstelling vir Lola kan lei, of dat hy ‘n afleiding/pion kan wees van wat werklik aangaan.
4. Ek voel, net soos met die miere, is hulle ‘n soort waarskuwingsteken van wat aan die gebeur is.
5. Beslis. Daarom is my ander mening oor hom dat hy dalk ‘n afleiding van die groter prentjie kan wees.
6. Ek voel dat dit ‘n bietjie van albei kan wees, maar sy lyk wel of sy die passie vir die werk en verantwoordelikhede het.
7. Ek het eintlik gehoop dat hy ‘n liefdesbelangstelling sou wees net omdat Blake op so ‘n toevallige manier verskyn het dat ek nie rerig kon vertrou nie. Maar ek hoop regtig dat daar nie liefdesdrama gaan wees nie.
8. Dit is onthul dat Asher Prof Charles afgepers het, en om dit geheim te hou, moes die Prof geld na sy bankrekening oorbetaal. Dit kan beteken dat Asher se geheime deur die kamermaats uitgevind is en dit is wat hom bang gemaak het vir hulle – dat hulle hom moontlik sou ontbloot of keer om sy afpersing voort te sit.
9. Sy het geweet Asher was bang vir sy kamermaats, en sy wou dalk net Lola waarsku teen moontlike gevare.
10. Ek het dit vreemd gevind. Melissa ken skaars vir Lola, maar sy is so gretig om die inligting oor Blake se “dating status” te verskaf.
11. Weereens, soos die miere, voel die kakkerlakke asof hulle iets verteenwoordig, ek is net nie heeltemal seker wat dit is nie.
12. Moontlik oor wat in haar verlede gebeur het – iets met haar suster te doen.
13. Gewoonlik in die gruwelgenre kan geeste nie rus totdat hul “werk” klaar is nie. Dit beteken ek voel dat Mandi se werk is om haar suster te lei om Asher se dood op te los sodat haar siel ter ruste gelê kan word. Dit is op hierdie stadium net ‘n groot spekulasie en waaraan my brein dadelik gedink het.
14. Moontlik met net die veranderinge aan die einde.
15. Op daardie stadium het ek gedink dit was belangrike dokumente wat iemand kon inkrimineer. Tog is dit later aan die lig gebring as ‘n afpersingskema.
16. Hy het definitief ‘n houding oor homself gehad en het die aura van gesag oor homself gehad.
17. Dit klink asof sy hom hartseer veroorsaak het.
18. Blake was steeds so ‘n geheimsinnige karakter vir my op daardie stadium dat ek hom nie behoorlik kon verstaan nie. Dit kan wees dat hy net baie professioneel is en nie ‘n verhouding wou begin as iemand met ‘n hoër rang as Lola nie.
19. Dit is duidelik dat Justin (en moontlik die ander kamermaats) ‘n onwettige bybesigheid het. Of dit nou dwelms of nie-voorgeskrewe medikasie is, maar dit word in die geheim gedoen.
20. Dit kan toevallig wees, maar met die miere en kakkerlakke-situasie dink ek meer dis een van ‘daai’ tekens van waarskuwing.
21. As na die kamermaats verwys word, dan ja, hulle is definitief ingelig oor die pille.
22. Ek glo so. Hy het duidelik n groot passie gehad om die gewondes the help.
23. My vermoede was Blake. Dat hy so vinnig daar was, het net te toevallig gelyk.
24. Nie wat ek verwag het om daar op te wees nie, maar ek dink dit wys die ander kant van Asher, nie noodwendig as die slegte ou nie, maar die lengtes waartoe hy sal gaan. Maar dit kan moontlik die rede wees hoekom hy doodgemaak is. -
Danielle Reddy
💙Ek dink dat manier van sy dood baie erg is, en hy het seker meer as een vyand gemaak.
💙My eertse gedagte is die huis is net vuil. Maar ek is nie so laf om te dink daar is nie ‘n dieper betekenis nie.
💙Hy is defnitief aantreklik (hot doctor for sure), maar ek dink hy het ook ‘n doel vir hoekom hy daar is, en ek dink dit het iets met Asher te doen.
💙Baie interessante vraag! Ek het eerlik waar net gedink die huis is bietjie vuil en hulle kort ‘n exterinator. Maar ek kan ook glo dat maybe iemand het dit daar geplaas om haar uit te laat freak.
💙Op ‘n mate dink ek is hy nou altyd net daar, maaaaaar ek dink Lola word ook hyper-vigilant en haar angstigheid maak haar interaksies met hom weird.
💙Ja, ek dink sy is meer optimisties. Sy sien die goed in mense help en hulle lewens te verbeter.
💙Ek sien nie regitig die chemie tussen Lola en Jonah. Ek weet hy hou van haar maar ek dink nie 100% dat sy dieselfde voel nie.
💙Ek dink die ander drie sou enige iets doen om hulle geheime still te hou. En Asher het seker uitgevind daarvan, en mense kan baie wreed word as hulle bang is en wil hulle geheime beskerm.
💙Ek dink sy het ‘n idee oor wat met Asher gebeur het, en ek dink sy weet dit het iets te doen met ST4
💙EK hou nie baie van Melissa as ‘n karakter nie. Sy gee mean girl energie.
💙Sjoe, eks nie seker maar maybe soos “dirty secrets” of die feit dat kakkerlakke die atom bomb kan oorleef, maybe het dit iet’s te doen met geheime wat nie gegrawe sal bly nie.
💙Iets te doen met Maandi. Dis hoekom Mandi her spook.
💙Ek dink dit is belangrik sodat sy veilig kan wees want sy kan ook ‘n target word, deur net in diee verkeerde plek teen die verkeerde tyd te wees.
💙Ja ek dink so.
💙Seker mense se geheime versamel.
💙Weird oukie. Ek weet glad nie wat om te dink nie. Hy’s maybe net ‘n bietjie intense en ook jaloers vir die ST4
💙Sy’t hom verneuk maybe.
💙Hy ken haar amper glad nie, en sy werk tegnies onder hom. Sal nie van toepas wees nie.
💙Justin is ‘n shady ou, en deel seker dwelms.
💙Ja, defnitief.
💙Ja, ek dink so. Hulle is almal te close om nie in op dit te wees nie. Ek weet net nie oor Melissa nie, want sy lyk ryk?
💙Ek dink defnitief so. Hulle love hom so baie.
💙EK is nie suspicious oor Blake nie, maar ek dink dit was maybe die persoon wat iets te doen het met Asher se dood.
💙Ek dink dit gee ons ‘n goeie rede hoekom iemand (die Dr) vir Asher dood wou he.



Leave a Reply