[aioseo_breadcrumbs]

Waar bloed kruip dag vier

Hoofstuk 17 is mal met alles wat gebeur. Wat dink jy van alles wat ons gelees het? Van die ongelukke tot Blake tot Justin en Shane se interaksie?

Dink jy Mandi is dalk nie ‘n spook nie maar ‘n ander persoonlikheid?

Wat gaan aan by die hospitaal? Wie dink jy is die meesterbrein van die operasie?

Wat dink jy van Blake se redes vir hoekom hy nie vir Lola gesoen het nie?

Lola is besig om te studeer in haar kamer maar sy glo daar is gelag en rumoer in die gang. Wanneer sy die deur oopmaak is daar niemand. Wat dink jy daarvan?

Lola voel ook of sy besig is om te ontrafel. Voel jy ook partykeer die selfde?

Is jy iemand wat op ‘n drafsessie-date sal gaan?

In hoofstuk 21 leer ons dat Justin vir Asher getreiter het en dus dalk hoekom vreemde dinge gebeur. Wie dink jy is verantwoordelik vir alles wat gebeur? Lola of Asher?

Waarheen dink jy het Shane verdwaal?

Jonah en Lola gaan na die Adminblok toe om meer te leer oor die kodes. Ongelukkig vind hulle uit dat die kodes verlede jaar verander het. Dink jy die korrupte databasis was die gevolg van wat met Asher gebeur het?

Wat dink jy van Springbok-hoodie? Hoekom dink jy is hy so aggresief?

Was jy hartseer toe Meneer Stanley oorlede is?

Wie dink jy weet van Lola se trip na Thunderview? Wie dink jy het die kodes gevat?

Wie dink jy het Springbok-hoodie vermoor?


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9 responses to “Waar bloed kruip dag vier”

  1. @books.bubbles.beach Avatar
    @books.bubbles.beach

    Dinge is nou besig om te gebeur in hierdie hoofstukke.
    Dis nou ‘n interessante mening. Nog nie so aan dit gedink dat Mandi eintlik ‘n ander persoonlikheid kan wees nie.
    Almal is nog verdag – weet nie meer wie ek kan glo nie.
    Ek weet nie of ek vir Blake glo nie.
    Ek dink dat iemand wil hê dat Lola dink sy is besig om mal te word.
    Gelukkig voel ek nooit so nie.
    Ek sal nooit op ‘n drafsessie date gaan nie.
    Die korrupte databasis is definitief om dinge te verberg.
    Weet nie hoekom hy so aggresief was nie, maar bly hy is nie meer daar nie. Hy het soos n boelie geklink.
    Dit was hartseer toe Meneer Stanley oorlede is.
    Ek dink dit was Justin, hy was al in Lola se kamer.
    Om te sê ‘Pers Hare’ sal te maklik wees, dit kan iemand soos Lola wees of self die nuwe jongman met die verbande om sy polse.

  2. Toni Van Der Westhuizen Avatar
    Toni Van Der Westhuizen

    1. Hoofstuk 17 is pure chaos, en dit voel asof die hospitaal se “masker” uiteindelik besig is om te glip. Die interaksie tussen Justin en Shane bevestig dat daar ’n hiërargie van vrees hier is. Dit gaan nie meer net oor geheime nie; dit gaan oor fisiese gevaar, en Lola is reg in die vuurlyn.

    2. Dit is ’n ontstellende teorie. As Mandi nie ’n spook is nie, maar ’n gefragmenteerde persoonlikheid van Lola, sou dit verduidelik waarom Mandi dinge weet wat Lola nog nie “geprosessseer” het nie. Dit verander die storie van ’n bonatuurlike riller na ’n diep sielkundige een, wat Lola haar eie grootste vyand maak.

    3. Die hospitaal voel soos ’n korporatiewe front vir iets veel donkerder—waarskynlik ’n sindikaat vir voorskrifmedikasie. Wat die meesterbrein betref, kyk ek na iemand hoër op wat kalm bly terwyl almal anders paniekerig raak. Dokter Herman Marais pas by die profiel van ’n man wat die toutjies vanuit die skaduwee trek.

    4. Blake se redes voel ’n bietjie te ingestudeer. Hy skuil agter professionaliteit of “tydsberekening,” maar ek vermoed hy hou haar op ’n afstand omdat hy weet dat sy ’n groter teiken word as sy te na aan hom kom—of hy beskerm sy eie geheime.

    5. Dit is klassieke “gaslighting.” Ek dink nie Lola verbeel haar die geraas nie; ek dink iemand speel opnames of beweeg deur die lugpype om haar tot op die rand van ’n ineenstorting te dryf. As sy dink sy is mal, sal sy ophou ondersoek instel.

    6. As leser voel ek beslis hoe ek saam met haar ontrafel! Die skrywer doen ’n goeie job om daardie klaustrofobiese spanning oor te dra. In die regte lewe het ek nog nie daardie punt bereik nie, maar ek kan definitief met haar sensoriese oorlading simpatiseer.

    7. Absoluut nie! ’n Draf-date klink na ’n nagmerrie. Jy is sweterig, uitasem en kan nie ’n behoorlike gesprek voer nie. Ek sal hou by ’n koffiewinkel waar ek die uitgange in die oog kan hou.

    8. Ek vermoed dit is ’n mengsel. Justin se getreiter het die omgewing geskep, maar die “wraak” voel asof dit georkestreer word deur iemand wat nog lewe en Asher wil wreek—moontlik iemand wat Lola nog glad nie verdink nie.

    9. Shane het waarskynlik op iets afgekom wat hy nie moes sien nie, naby die laboratorium of die admin-blok. In ’n plek soos hierdie beteken “verdwaal” gewoonlik dat jy “verwyder” is.

    10. Definitief. Die korrupsie van die databasis het gebeur net toe Asher begin snuffel het. Dit is ’n digitale “burn notice” om seker te maak niemand kan die dwelms of die geld wat hy gevind het, narspeur nie.

    11. Springbok-hoodie het opgetree soos iemand wat alles het om te verloor. Sy aggressie het gevoel soos desperaatheid—asof hy onder druk geplaas is deur dieselfde mense wat Lola dophou.

    12. Dit was ongelooflik hartseer. Hy was een van die min “menslike” elemente in Lola se wêreld. Sy dood voel soos die verlies van ’n morele kompas vir haar, wat haar selfs meer geïsoleerd laat.

    13. Justin is die voor die hand liggende keuse aangesien hy reeds in haar kamer gesnuffel het, maar Melissa is stil en oplettend—sy kon maklik ingeglip het terwyl Lola afgelei was. Wie ook al dit gevat het, weet Lola kom te naby aan die waarheid.

    14. Dit sal te maklik wees om die ooglopende “skurke” soos Justin te blameer. Ek wonder of dit nie iemand “onsigbaar” was nie, soos ’n personeellid of selfs een van die ander pasiënte wat as ’n werktuig deur die meesterbrein gebruik word.

  3. Natasha (the_bookbasket) Avatar

    1. Vir sulke kort hoofstuk is daar regtig baie goed wat aangaan. Ek dink die ongelukke is maar normaal vir die trauma-eenheid, so dis nie so erg nie. Ek dink Blake moet werk by werk hou en dan later met Lola praat, hy probeer gereeld met haar praat terwyl sy ernstige werk doen, wat nogals ‘n irritasie word. Shane weet ons nie baie van nie, net dat hy orals gesien word omdat hy deel van die skoonmaak span is. Ek dink persoonlik hy is nie skuldig nie, hy het maar net ‘n snaakse persoonlikheid. Justin is die een vir wie ek sal uitkyk. Ons weet nie wie hy uitgetrap het nie, maar ek vermoed hy en Duke en Melissa steek iets baie groot weg.
    2. Hmmm, dis ‘n baie goeie teorie, dit kan dalk wees ja.
    3. Ek gaan ‘n wille raai hier vat en sê Dr Charles.
    4. Dis vir my baie swak. Soos Loa sê, hulle is groot mense, as hy nie met haar wil uitgaan nie, kan hy net aanbeweeg, maar nou gebruik hy haar as ‘n verskoning dat hy nie kan fokus op sy werk nie. No thanks. Try again.
    5. Ek dink omdat dit ‘n ou huis is, is daar heel moontlik spoke, en dit is asof sy spoke kan sien en hoor.
    6. Ja, soms as ek teveel goed het om te doen en ek weet nie waar om te vat of te los nie.
    7. Definitief nie. Jy treat my nie wanneer ek sweet nie.
    8. Asher, tensy Lola gapings in haar dag het wat sy ons nie vertel van wat aangaan nie, maar sy kom nie voor as ‘n onbetroubare verteller nie.
    9. Hy soek miskien iemand in die area.
    10. Ja, dit kan nie toevallig wees dat die databasis korrup geraak het nie. Hoewel dit vreemd is dat daar nie iets gesê is van die polisie wat dit ondersoek nie. Sekerlik is daar mense wat die korrupsie kan kraak.
    11. Ek hou nie baie van hom nie, ek stem saam dat hy ‘n klein seuntjie met ‘n inflated ego is. Hy mag dalk deur ‘n harde pad gestap het, maar almal anders in Thunderview het ook, so hy kan nie mense uitsonder nie. Hy was seker ook so toe hy ‘n klein kind was. In paas daarvan om met sy emosies te deel het hy ander mense geboelie om homself beter oor sy situasie te maak voel.
    12. Ek was ja.
    13. Heel moontlik Justin.
    14. Ek dink die nuwe outjie wat sy boksie koeldrank laat val het. Ek dink nie dit was Pers Hare nie.

  4. Helen Faber Avatar
    Helen Faber

    1. Ek dink dat arme Lola se kop seker spin, want myne het beslis! Dinge is regtig chaos in daardie hospitaal, en almal het geheime.
    2. Ek het dit ook al oorweeg – dat Lola dalk ‘n gesplete persoonlikheid het en dit is hoekom goed net weer verskyn waar sy dit weggevat of geskuif het…
    3. Iemand verkoop dwelms, of steel dit uit pasiente se kamers uit… Dit is heel moontlik ‘n dokter, nurse of professor wat die operasie hardloop.
    4. Ek weet nie – dit voel meer asof hy haar op ‘n afstand probeer hou sodat sy nie te veel van sy geheime weet nie.
    5. Ek dink óf iemand smokkel lelik met haar kop óf sy het regtig ‘n gesplete persoonlikheid / geestesgesondheidsprobleme.
    6. Wanneer ek regtig oorweldig begin voel en ek het te veel hooi op my vurk, ja, beslis.
    7. Nee. Dankie. Draf is nie vir my nie.
    8. Heel moontlik Lola. Maar, dalk is Asher nie regtig dood nie?
    9. Daar is heel moontlik ‘n geheime ontmoetingsplek vir almal wat deel is van die operasie – hy was sekerlik op pad soontoe.
    10. Heel moontlik. Wie okal hom vermoor het, het seker gemaak dat hulle nie gevang gaan word nie, of ten minste nie as gevolg van die kodes nie.
    11. Hy het duidelik baie mental issues en frustrasies, wat dalk lei tot sy aggressiewe optrede.
    12. Nogal baie. Ek het regtig van die oom begin hou en ek voel steeds dat daar ‘n ander rede (iemand) agter sy dood sit.
    13. Heel moontlik Justin – die hele manier hoe dit gedoen was het sy naam oral oor geskryf.
    14. Ek begin wonder of dit nie dalk Lola was nie. AS sy ‘n gesplete persoonlikheid het, sal dit so baie van daai gebeurtenis en die huidige een ook verduidelik.

  5. Lopke (plainjane.readss) Avatar
    Lopke (plainjane.readss)

    1. Dis definitief chaoties. Dit voel asof my brein oortyd werk om dinge bymekaar te kry. Maar ek is mal daaroor dat ons, selfs met al hierdie misterie, steeds oomblikke kry van Lola wat net ‘n dokter is.
    My persepsie van karakters verander ook, maar steeds niks konkreet nie. Ek is nuuskierig om te sien wat Shane se karakter tot die storie sal inbring. Justin lyk asof hy in ‘n paniekmodus verkeer terwyl Melissa en Duke op hierdie stadium net omstanders is, asof dit “die Justin-program” is. En Blake is steeds net Blake… steeds vasgevang tussen of hy net ‘n onskuldige omstander is of ‘n dieper verbintenis met dit alles het.
    2. Ek het eerlikwaar nie eers hieraan gedink as ‘n moontlikheid nie – gesplete persoonlikheid. Maar ek neig steeds na die teenwoordigheid van geeste.
    3. Dokter Adri of Prof Charles is my hoofverdagtes op hierdie stadium. As gevolg van daardie bietjie inligting wat by die funksie onthul is oor dokter Adri se man en prof Charles wat saam afwesig was.
    4. Ek dink dis geldig… en lyk gepas vir sy huiwering, maar daardie onsekerheid bly steeds voortduur…
    5. Ek dink steeds iets nie-mensliks is ook ‘n faktor in hierdie storie.
    6. Wel, hierdie storie laat my beslis voel asof ek my verstand verloor met moontlikhede oor wat kan gebeur. Maar ja, ek is iemand wat voortdurend stres ervaar.
    7. HA nee! n Stapsessie-date is oukei met my.
    8. Justin en hul “side hustle” kan ‘n katalisator/faktor wees, maar ek dink dit gaan meer oor die afpersing wat Asher teen Prof Charles gebruik het. Ek dink nie Lola is verantwoordelik nie, maar haar rondgesnuffel kan haar in dieselfde posisie as Asher laat beland.
    9. Dit klink eerlikwaar net of hy met sy dag aangaan en op pad is om sy werk te doen…?
    10. Dit klink beslis of dit die rede kan wees.
    11. Ek het hom nie van hom gehou nie, maar sy houding kon moontlik sy hanteringsmeganisme wees. Maar selfs al is dit die rede vir sy aggressiwiteit, lyk dit ‘n bietjie te geteiken.
    12. Defnitief! Hy het sopas sy tweede kans gekry het en toe is dit weggeneem.
    13. Daar is die voor die hand liggende keuse dat dit Justin is, maar dan kom Jonah ook na vore. Ek voel steeds asof ‘n dokter die meesterbrein is.
    14. Hmmm… Iets het in Lola se verlede gebeur en ek weet nie of dit net na haar suster se ongeluk verwys nie. Maar daar is ook die jongman wat sy boksie sap laat val het wat n opsie kan wees.

  6. Simone Birkholtz Avatar
    Simone Birkholtz

    1. My brein probeer nog alles inneem. 😂Daar is so baie wat aangaan! Maar in n goeie manier, natuurlik.

    2. Die vraag laat my nou wonder! Ek het gedink dat Lola net vir Mandi imagine, maar n ander persoonlikheid maak nogal sin. Dankie vir die gratis spoiler lol.

    3. Jinne, ek kan nie ophou om vir Proffie Charles te verdag nie. Maar ek dink ook die drie studente is skuldig van baie. Veral Justin!

    4. Ek dink hy wil haar nie eintlik soen nie, hy probeer haar net mislei. Sy verskoning is ietwat van n grap.

    5. Ek dink dis meer bevestiging dat Lola mental hulp nodig het. Iets is nie lekker nie.

    6. Ek kan nie hierdie antwoord nie. “Ek is nie mal nie” is presies wat mal mense sê. 👀

    7. Nie vir n duisend rand nie! Maar dalk vir duisend vyfhonderd…😏 Ek sal eerder rustig stap… deur die winkels! Of gaan piekniek.

    8. Ek dink dis eerder Asher.

    9. Shane het dalk gaan soek na iets of iemand.

    10. Die korrupte databasis kon nie net toeval wees nie. Iemand het geweet dit kan lei tot antwoorde, en het daai opsie laat weggaan.

    11. Ek dink ek sal meer oor hom moet lees voordat ek n regte opinie kan hê, maar hy klink vir my na n boelie.

    12. Ja vreeslik! Ek het so gehoop dat hy en sh dogter meer tyd saam kon hê.

    13. Ek wil-wil dink dis Melissa. Sy klink te goed om waar te wees. Iewers moet sy iets sleg doen.

    14. Op die stadium wonder ek of dit Lola was… sy het hom gewaarsku dat hy nog eendag met die verkeerde persoon gaan mors. Maar terselfdertyd klink dit te eenvoudig so ek dink dis eerder iemand anders.

  7. @momtryingtoread Avatar

    1. Hoofstuk 17 is so kort en tog so propvol. Ek sal mal raak as iemand by die werk heeltyd met my oor persoonlike dinge wil kom praat – kan my nie indink hoe dit vir ‘n dokter moet voel nie. Justin en Shane se optrede is beide vreeslik verdag, maar almal sin is. Ek weet nie meer nie.

    2. Ek het ook al hierdie teorie oorweeg, of dat Mandi soortvan Lola se onderbewussyn is.

    3. Ek weet nie hoekom nie, maar ek voel nogsteeds dis Melissa wat die toutjies trek.

    4. Nee wat, hy praat nonsens, hy steek iets weg.

    5. Ek begin al hoe meer dink sy het regtig ‘n geestesgesondheidsprobleem. Sy was tog nie eerlik met die dokters toe sy in die kliniek was nie, so hulle kon haar nie regtig help nie.

    6. As ‘n werkende ma voel ek meeste van die tyd so.

    7. Nee dankie, kos, ek soek KOS.

    8. Ek wonder nogsteeds oor daai seuntjie wat saam met Asher op die video was in die proloog. ‘n Broer of iemand wat probeer wraak neem.

    9. Shane het dalk iets gesien of gehoor wat hy nie moes nie.

    10. Ek dink die feit dat die databasis ‘korrup’ geword het was beslis nie ‘n ongeluk nie. Dit is ‘n manier om dit wat aan die gang is toe te smeer.

    11. Hy was heel moontlik as kind geboelie.

    12. Ag dit was verskriklik hartseer, wens so hy kon meer tyd saam met sy dogter en kleinkinders kry.

    13. Ek dink nogsteeds Melissa – sy is net TE nice met Lola.

    14. Dalk die outjie wat sy sap laat val het? Maar nou dat die Skisofrenie saadjie geplant is begin ek al hoe meer vir Lola verdink. Kan nie wag om die boek klaar te lees nie, ek wil nou REGTIG graag weet wat aangaan.

  8. Rochelle Bouwma (Bookstashelly) Avatar
    Rochelle Bouwma (Bookstashelly)

    1. Ek dink arme Lola is so oorweldig op die oomblik dat sy nie meer weet watter kant toe nie.
    2. Ek dink Mandi is verseker ‘n spook.
    3. Ek verstaan waar hy vandaan kom, die man probeer rêrig net professionaliteit by die werkplek hoog gou.
    4. Ek gaan gereeld op “oefen dates” saam met my man.
    5. Ek dink dis nie een van hulle nie, ek vermoed Blake treiter die ander 3 want hy was Asher se ouer boetie. (Die donker kop seun in die video wat in proloog gespeel het)
    6. Ek dink hy het na ‘n ontmoeting vir die dwelm smokkelary verdwaal.
    7. Ek sal nie verbaas wees as die moordenaar sy of haar “tracks” wil toesmeer nie.
    8. Ek dink hy is ‘n pasiënt met agressie probleme.
    9. Ek vermoed dat dit Justin was.
    10. Ek dink hy het selfmoord gepleeg.

  9. Danielle Reddy Avatar
    Danielle Reddy

    Dit voel asof alles baie vinnig gebeur. Daar is baie leidrade, maar min duidelike antwoorde.

    Dit is ‘n interessante moontlikheid. Dit kan dalk iets meer psigologies wees as bonatuurlik. Ek dink dit is ‘n spook tho.

    Dit lyk of daar iets groters aan die gang is, moontlik iemand wat alles agter die skerms beheer.

    Sy redes klink verstaanbaar, maar dit laat steeds vrae oor sy ware gevoelens.

    Dit skep ‘n creepy atmosfeer. Dit kan haar verbeelding wees of iets anders wat nie heeltemal verklaar kan word nie.

    Ja, soms kan mens ook so voel, veral wanneer dinge oorweldigend raak.

    Dit hang af van die persoon, maar dit kan nogal ‘n interessante en ander tipe date wees.

    Dit voel of albei op een of ander manier betrokke kan wees. Dit is nie heeltemal swart en wit nie.

    Hy kon dalk in moeilikheid beland het of iets ontdek het wat hy nie moes nie.

    Dit is moontlik dat alles verbind is en dat vorige gebeure ‘n invloed gehad het.

    Hy lyk aggressief, wat kan beteken hy het iets om weg te steek of dat hy onder druk is.

    Ja, dit was ‘n hartseer oomblik en het ‘n emosionele impak gehad.

    Dit lyk of iemand meer weet as wat hulle sê, en dalk probeer om dinge stil te hou.

    Dit is moeilik om te sê. Ek dink dit kan ook Lola wees, want sy is ook nie heeltemal vetroubaar as ‘n karakter nie.


Share This Article

Facebook
Twitter
Pinterest

Related Reviews