[aioseo_breadcrumbs]

Waar bloed kruip dag vyf

Lola wonder wat Blake sou dink oor haar tyde by die kliniek. Hoe dink jy sou Blake reageer?

Wat dink jy van die toneel wat uitgespeel het met die vrou wat op soek is vir King? Dink jy ons gaan die vrou weer sien?

In die begin van Hoofstuk 25 loop Lola se gedagtes deur ‘n klomp vrae. Maar die een wat dalk die belangrikste is, is die vraag ‘en wie weet almal’. Wat dink jy van hoe Justin almal vertel het? Dink jy dit was Justin wat die boodskap vir haar agtergelaat het? Of kon dit dalk iemand anders wees?

Lola voel asof haar lewe en Asher se dood deurweef is. Dink jy die enigste rede hoekom dit so voel is omdat Lola sy dood begin ondersoek het in die begin?

Melissa sê vir Lola dat sy nie omgee oor alles wat Justin gesê het nie. Dink jy haar verskoning is van die hart?

Olivia deel met Lola dat die ander drie van die ST4-huis kakkerlakke oor Asher gegooi het terwyl hy geslaap het. Dink jy hulle het gedink dit sal snaaks wees?

Wat dink jy van die geselskap tussen Shane en Juliette?

Juliette het Lola gesien. Sy vertel vir Lola dat die ‘side-hustle’ Asher se idee was. Wat dink jy van hierdie onthulling?

Olivia vertel uiteindelik vir Lola wat alles tussen die vorige ST4 aangegaan het. Wat dink jy van alles wat sy gesê het?

Hoekom dink jy praat Blake met die vreemde ou? Hoekom dink jy jok Blake vir Lola? Wat steek hy weg?

Lola deel met ons dat sy ‘n hand gehad het in wat met Justin gebeur het. Wat dink jy hiervan? Sien jy nou vir Lola in ‘n ander lig?

Dink jy toe Lola die klein dogtertjies sien was sy besig om haar greep op die werklikheid te verloor?

Lola vertel uiteindelik vir Blake wat alles met haar gebeur het. Net daarna, toe Blake weggestap het om oproepe te maak, sien Lola vir Asher. Dink jy sy gaan na hom luister? Dink jy Asher sê vir haar dat Blake nie betroubaar is nie?

Het jy verwag dat Blake sou beplan om haar in die psigiatriese eenheid op te neem?

Hoe het jy gevoel toe jy besef het dat Jonah en Olivia gekom het om Lola te red?

Olivia het uitgevind aan wie die kodes behoort, maar daar is een sonder ‘n naam. Aan wie, dink jy, behoort daardie kode?

Dinge word baie vinnig omgekrap. Wat dink jy van wat Duke vir Melissa vertel oor Justin?

Hoekom was Blake daar aan die einde?

Noudat ons amper aan die einde is, wie dink jy het Asher vermoor?


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

10 responses to “Waar bloed kruip dag vyf”

  1. Chante Kennedy-De Klerk Avatar
    Chante Kennedy-De Klerk

    1. Ek dink Blake is iemand wat dit sal verstaan. Hy lyk soos ‘n opregte mens wat nie sal “judge” nie.
    2. Ek weet nie of sons die vrou weer gaan sien nie, maar ek dink dit was baie erg. Ek weet dat sulke goed in die regte lege ook gebeur, en ek weet nie hoe die dokters dit in die regte lewe doen nie.
    3. Justin lyk maar so bietjie soos ‘n poephol. Ek dink wat hy gedoen het was baie onvanpas. As ‘n dokter, is hy veronderstel om beter te weet oor privaatheid. Ek dink dit kon hom gewees het wat die boodskap vir haar gelos het.
    4. Nee, ek dink omdat sy “what if” vrae het oor haar suster se dood, het sy nou soortgelyke gedagtes oor Blake se moord.
    5. Ek weet nie. Ek wil graag hê dat sy die opreg bedoel, maar odat sy so gekoppel is aan Justin, weet ek nie.
    6. Ek dink hulle het gedink dis snaaks maar ek dink hulle het ‘n ander soort plesier daaruit gekry.
    7. Hmm nee ek weet nie. Ek is maar net so bietjie stom geslaan dat elke tweede persoon by die drug storie betrokke is
    8. Wel, dit is nou maar wat dit is. Niemand het ooit gesê Asher is perfek nie. Ek wonder wel of hy van die geld gebruik het om vir mense se “treatment” te betaal.
    9. Ek het geweet iets was nie lekker tussen die lede van ST4 nie. Dit is goed om te weet wat alles gebeur het.
    10. Ek dink Blake is Asher se neef en hy wil nie hê sy moet weet nie, aangesien sy met die ander ST4 lede nou bly. Ek dink hy wil haar dalk beskerm.
    11. Uhm, ek kan nie eers onthou wat met Justin gebeur het. So as dit nie in my geheue vassit nie, dan kan ek virseker sê ek sien nie vir Lola op ‘n ander manier nie.
    12. Nie regtig nie. Ek het dadelik gedink sy is dalk bedwelm.
    13. Hmm, ek dink nie dit is wat hy sê nie. Ek dink hy praat oor iemand anders.
    14. Nee glad nie. Ek was verstom.
    15. Ek was so bly dat Lola vriende gehad het wat genoeg vir haar omgegee het om haar te red.
    16. Dalk die Prof? Aangesien Asher hom afgepers het, is dit heel moontlik hy.
    17. SHOCKED
    18. Ek gaan nie lieg nie, ek kan nie die scene onthou nie. Maar kom ons wees eerlik, Blake is altyd orals. So no surprise there.
    19. Ek dink dalk was dit Justin of die Prof.

  2. @books.bubbles.beach Avatar
    @books.bubbles.beach

    As Blake regtig omgee vir Lola dan sal hy nie omgee dat sy daar was nie.
    Ek dink nie ons gaan weer van die vrou hoor nie. Dit was net daar sodat ons kan verstaan hoe erg die hospitaal kan word.
    Dit was laag van Justin. Dit was definitief hy wat die pamflet gelos het.
    Lola en Asher se lewens is deurweef omdat sy in sy ou kamer bly.
    Melissa is skynheilig, ek vertrou niks wat sy sê nie.
    Hulle het seker gedink dit gaan snaaks wees.
    Ek sou nooit dink dat Shane en Juliette saam sou werk nie.
    Ek weet nie of die ‘side hustle’ regtig Asher se idee was nie.
    Ek is geskok.
    Blake is ook in op die pille verkoopery.
    Dit wys my Lola het n rugraat en is nie bang vir Justin nie. Sy hou van n bietjie ‘revenge’.
    Ek dink so.
    Asher probeer om vir haar iets te vertel.
    Glad nie verwag dat hy dit aan haar sou doen nie.
    Baie bly gevoel toe Jonah en Olivia daar opdaag.
    Weet nog nie, miskien Justin.
    Was baie geskok.
    Ek dink Blake kon moontlik agter die video van jong Asher wees.
    Ek is nog heeltemal in die donkerte.

  3. Simone Birkholtz Avatar
    Simone Birkholtz

    1. Ek dink Blake wil vir Lola uit die prentjie kry, en dis n lekke maklike uitweg vir hom. Kry haar terug daar.

    2. Die scene het bietjie meer gedetaileerd gevoel as vorige scenes met pasiente. So ek wonder nogal of dit belangrike inligting is vir verder aan in die storie.

    3. Duidelik hou Justin daarvan om mense te treiter, so ek sal nie verbaas wees as dit hy was nie.

    4. Ja, Lola het dinge oopgekrap met haar ondersoek, plus die feit dat sy reeds spoke sien. So dit het die jar of pickles oopgemaak met Asher ook.

    5. Al het Melissa duidelik geraamtes in die kas, dink ek nie sy is 100% n slegte persoon nie. Ek dink sy gee regtig om vir Lola en sien haar as n vriendin.

    6. Ja, boelies dink mos sulke nonsens is snaaks. Maar in realiteit is dit regtig glad nie snaaks nie.

    7. Meer geraamtes in almal se kaste! Ek dink ons is op die nippertjie om net mooi alles uit te vind.

    8. Ek glo dit was sy idee, maar ek dink Asher sou dit doen om ander mense te probeer help, nie omdat hy selfsugtig of n slegte persoon is nie.

    9. Dit klink vir my nogal geloofwaardig.

    10. Blake het dalk n groot rol gespeel in Asher se dood, en die vreemdeling het seker ook iets daarmee te doen.

    11. Ja, lyk my Lola se geestestoestand laat haar nou nog ernstiger dinge aanvang. Wat gaan aan, Lola?! 😅

    12. Uh huh, dit was duidelik nie realiteit nie. Tensy iemand haar bedwelm het op een of ander manier.

    13. Dis presies wat Asher vir haar sê. Blake is te goed om waar te wees!

    14. Ek het dit noe gesien kom nie, maar noudat ek dit gelees het maak dit sin! Hy wou haar van die begin af om sy pinkie draai, haar oorreed dat hy oor haar omgee, haar oorreed dat hy n goeie man is en dat sy hopelik jom nie verdag nie. En nou het hy die perfekte geleentheid om van haar ontslae te raak.

    15. Ek is mal oor Jonah en Olivia!! Power couple! En blykbaar baie goeie vriende vir Lola.

    16. Blake! Hy is mos nuut in die huis en hospitaal so hy het dalk vantevore al n draai daar gemaak om kamstig te sien hoe lyk en werk alles, kon toegang kry vir die krematorium, en nog nie heeltemal official op die sisteem wees nie.

    17. Duidelik weet Duke meer as Melissa.

    18. Blake is die een wat vir die 3 studente n les wou leer. Maar as ek vir Blake verdag van die moord, weet ek nie wat soek hy met die studente nie. 😂 ek raak nou al te deurmekaar met al my teorie en idees.

    19. Op hierdie stadium begin ek wonder of dit ek self was. Ek het eers gedink dit was Charles. Toe was dit Juliette. Toe was dit Justin. Jonah. Justin. Blake. Melissa. Charles. Almal? Niemand?

  4. Natasha (the_bookbasket) Avatar

    1. As iemand wat ek oor omgee of mee wil uitgaan vir my laat weet hulle was opgeneem sou ek so veel as moontlik hulle probeer ondersteun, en my hoop is dat Blake ook so sal wees.
    2. Ek het regtig gedink sy is ‘n besorgde meisie of sy vrou. Ek het nie verwag dat sy deel is van die skietery nie. Ek dink wel nie ons gaan haar weer sien nie, dit was dalk net in die storie vir drama gesit.
    3. Justin is ‘n verskriklike ou met ‘n “god-complex”. Hy gee my die idee dat hy baie van homself dink en daarvan hou om ander mense te verkleineer sodat hy goed oor homself voel. Ek dink omdat hy so groot rumoer oor die situasie gemaak het was dit definitief hy wat die boodskap vir haar gelos het. Hy wil haar seker bang maak en wys dat hy “haar ook dophou” soos wat sy hulle dophou.
    4. Dit sal vir my ‘n groot rol speel as ek aanhou fokus op een ding. Mens dink en slaap oor die situasie totdat dit opgelos is.
    5. Melissa is ‘n baie complicated karakter. Ek dink sy wil ‘n goeie persoon wees, maar dieselfde tyd probeer sy haar bes om die beste dokter in die hospitaal te wees, so soms kom haar aksies baie selfsugtig voor. Ek dink wel sy is eg en bedoel wat sy vir Lola sê. Ten spyte van haar optrede gee sy dalk om vir Lola.
    6. Ek dink meer hulle wou hom al hoe meer banger maak. Justin sou natuurlik dink dis skreeusnaaks, maar daar is altyd ‘n hidden agende na sulke optredes.
    7. Dit wys dat daar baie meer dinge in die hospitaal aangaan as wat ons gedink het. Very scaly stuff.
    8. Ek vermoed sy praat die waarheid.
    9. Ek dink Asher moes dalk die situasie anders hanteer het. Dalk kon hy beter bewyse kry, maar terselfdertyd dink ek hy was verskriklik braaf om die groep aan te vat oor wat hulle gedoen het. Baie mense sal net stil bly en ander kant toe kyk vir die vrees dat hulle dalk seer sal kry of doodgemaak sal word.
    10. Ek is nie seker nie. Ek wonder of Blake nie dalk ook deel is van die dwelms en hy is net nog nie gevang nie.
    11. Ek was meer soos “you go girl” want sy professionaliteit is regtig ‘n vraagteken.
    12. Ek het so gedink ja, dis was baie “The Shining”-coded, en die feit dat die atmosfeer in die gang ook so verskrik was het ook bygedra dat ek dink sy is besig om nog spoke te sien.
    13. Vir my het dit gevoel of Asher voor haar verskyn om haar te waarsku dat dinge nou besig is om gevaarlik te raak.
    14. Ek het vermoed hy beplan iets, maar nie dit nie.
    15. Ek het gedink “dis nou ware vriende”.
    16. Miskien Dr Charles.
    17. Dit mag dalk lelik wees van my maar ek het lekker gekry. Justin probeer nog heeltyd wys hy is beter as ander en ek vermoed sy pa is ook so.
    18. Ek sal ook graag wil weet! Hy steek definitief iets weg.
    19. Ek is nou al hoe meer seker dis Melissa, Duke en Justin.

  5. momtryingtoread Avatar

    1. Ek is onseker of hy regtig vir haar omgee en of hy daar is met duistere motiewe – maar as hy werklik vir haar omgee sal hy haar hopelik ondersteun.

    2. Ek het dit glad nie verwag nie, ek was seker dis net sy vrou of iemand wat vir hom omgee. Dis skrikwekkend hoe maklik so iets kan gebeur. Ek twyfel of ons weer iets van die vrou gaan sien.

    3. Justin is ‘n aaklige, gemene karakter. Ek dink defnitief dit was hy wat die boodskap gelos het. Hy probeer vir Lola bang maak.

    4. Ek dink dit is omdat sy nog nie haar suster se dood verwerk het nie en omdat sy by sy kamer ingetrek het, in ‘n huis saam met die mense vir wie hy bang was.

    5. Ek weet nie – dit voel opreg, maar dalk wil Melissa dit nog later teen haar gebruik.

    6. Ek dink hulle het dit gedoen om snaaks te wees, en om hom bang te maak en te wys wie is baas.

    7. Dit wys dat hier defnitief meer mense is wat saam werk as wat jy aanvanklik gedink het.

    8. Ek sien steeds vir Asher as ‘n ‘Robin Hood’ tipe karakter. Hy het mense probeer help, net nie op die regte wyse nie.

    9. Ek is geskok, dit is ‘n baie drastiese manier om te probeer ‘bo’ uit kom.

    10. Ek weet nie, ek is so deurmekaar. Of hy is ook deel van die smokkelry of hy is dalk die een wat vir Asher wil wreek?

    11. Kyk, ek geniet ‘n stukkie (fiktiewe) wraak, maar dit laat my nogal ‘n bietjie anders na Lola kyk. Sy is tot meer in staat as wat ‘n mens dink.

    12. Dit was defnitief nie realiteit nie, so of sy het haar greep op die werklikheid verloor, of iemand het haar bedwelm.

    13. Ek dink nie sy gaan vir hom luister nie, sy is op ‘n missie en sy gaan dit deurvoer. Hy het haar defnitief kom waarsku, ek is net nie seker teen wie nie.

    14. Ek het verwag dat hy dit gaan doen, maar dalk wou haar regtig net help? Dit is tog die logiese stap om te neem as iemand vreemde dinge sien?

    15. My senuwees was op, ek het regtig vir ‘n oomblik gedink ek het alles verkeerd en ek sal die boek van voor af moet begin lees met ‘n ander perspektief. Ek was so verlig toe dit aan die lig kom dat hulle eintlik daar is om haar te help.

    16. Dit is die ‘million dollar question’ is dit nie? Ek gaan bly my storie en se dis Melissa.

    17. Ek het my so effens verlekker daar in want hy is nog heeltyd net ‘n poephol.

    18. Ek dink nou hy is familie van Asher en het gekom om wraak te neem. In die proses het hy dalk regtig vir Lola begin omgee en het haar laat opneem in die psigiatriese eenheid om haar te beskerm.

    19. Melissa

  6. Helen Faber Avatar
    Helen Faber

    1. Ek weet nie – dalk ontsteld, dalk heeltemal onregverdig. Dalk is hy heel oukei daarmee.
    2. Dit was totaal mal; hoe bly is ek nie nou dat ek nie ‘n dokter is nie! Nee, ek dink sy gaan tronk toe.
    3. Justin is ‘n vieslike mens. Hy’s aggressief en agterbaks en dit was onaanvaarbaar hoe hy die situasie hanteer het. Ek dink dit was hy wat die boodskap agtergelaat het. Of dalk Blake…
    4. Ja, definitief. As sy dit laat gaan het, sou hierdie dinge tien teen een nie gebeur het met haar nie.
    5. Ek kan nie besluit watse tipe mens Melissa eintlik is nie… Dit voel uit die hart, maar mens weet nooit.
    6. Hulle wou hom dalk net skrik maak en hulle was pleinweg net boelies gewees.
    7. Ek het geweet hulle was besig met shady goed, en dat hulle dalk iets met Asher uit te waai gehad het. Die gesprek verbaas my glad nie.
    8. Asher was duidelik ‘n complicated mens – hy’t afgepers om mense te help wat nie hulp kon bekostig nie, hy’t dwelms verkoop, maar was goed vir kinders…
    9. Ek dink dat die ander ST4 kinders hulle koppe verloor het en dat hulle dalk nie great mense is nie…
    10. Ek dink hy was deel van Asher se operasie, of familie van hom (of vriende met hom) en hy is ook besig om ondersoek in te stel.
    11. Wat sy gedoen het was verkeerd, maar Justin het dit so bietjie verdien. Ek het dit wel nie van haar verwag nie.
    12. Ja. Hulle was wel werklik daar, maar hulle het soos sy en haar sussie gelyk, wat onmoontlik is.
    13. Ek dink sy gaan, of sy wil of nie. Ja, ek dink hy steek iets weg en sy moet versigtig wees.
    14. Nee, ek het regtig gedink hy sou dit beter hanteer. Alhoewel, ek weet ook nie of ek op die stadium vir Lola kan vertrou nie.
    15. Ek dink hulle is frikken amazing. Dit is nou die tipe vriende wat mens nodig het in jou lewe!
    16. Aan Blake, heel moontlik. Of aan wieokal hom actually vermoor het…
    17. Ek dink dat Justin selfsugtig was. Hy sê dat hy dit alles vir Melissa gedoen het, maar dit was eintlik om sy eie bas te red.
    18. Ek dink hy’s die een wat die nota gelos het, en hulle dreig, want ek vermoed hy was of familie of goeie vriende met Asher gewees.
    19. My geld is steeds op Justin…maar ek kan nie seker wees nie.

  7. Lopke (plainjane.readss) Avatar
    Lopke (plainjane.readss)

    1. Hy mag dalk soos ‘n verdagte persoon klink, maar hy was nog nooit onbeskof teenoor Lola nie, so ek dink hy sal verstaan.
    2. Ek twyfel sy sal weer terugkom. Ek dink dit was net om meer te wys hoe haglik hospitaalsituasies kan wees.
    3. Hy klink asof hy daarvan hou om mense te boelie, so ek sou nie geskok wees as dit hy was nie.
    4. Ek dink dit was onvermydelik dat sy belangstelling in sy moord sou vind. Die leidrade was reeds daar om ontdek te word, sy het die bal net aan die rol gesit.
    5. Ek dink nie Melissa is ‘n veragtelike persoon nie, in die sin dat ek nie suiwer haat van haar kant af voel kom nie.
    6. Hulle het beslis gedink dit sou snaaks wees, maar wou ook hê dat Asher ag slaan op hul waarskuwing.
    7. Eerlikwaar net geskok dat meer karakters deel is van hierdie dwelmbesigheid…
    8. Ons het geweet hy was nie perfek nie, maar ek dink nie sy manier van dinge doen was uit kwaadwilligheid soos die meeste van die ander karakters uitgebeeld het nie.
    9. Die kamermaats is ongelooflik ekstreem en oneties. Dit klink absoluut waansinnig met die moeite wat hulle gedoen het om top kandidate te bly.
    10. Op hierdie stadium dink ek Blake het ‘n ander rol in die storie, ek is nie heeltemal seker wat dit is nie, maar ek bly dink dat hy dalk daardie ander seuntjie in die video is wat ons in die proloog sien.
    11. Ek het dit nie van haar verwag nie, maar ek het in elk geval nie van Justin gehou nie, so “YOU GO GIRL!”.
    12. Ek het gedink iets was fisies verkeerd met Lola en nie geestelik nie, want wat sy gesien het, het nie samehangend gelyk soos wat sy gewoonlik sou sien nie – deurmekaar en verwarrend.
    13. Ek glo sy boodskap was bedoel vir die breër prentjie, dat dinge begin spiraal en gevaarliker word.
    14. Ek het dit nie verwag nie…
    15. Ek was eerlikwaar so bly om twee mense te sien wat nie in hierdie hele “shady” besigheid was nie en wat opreg omgee vir Lola getoon het.
    16. Ek het steeds daardie vermoede dat ‘n dokter die meesterbrein is en my gedagtes bly terugverwys na dokter Adri.
    17. Duke is definitief in “panic mode”. Hy klink oor die algemeen keelvol vir Justin en sy leuens, en dis ook asof hy en Justin ‘n ander verhouding gehad het wat nie behels het dat Melissa ingelig was nie.
    18. Ek is net verward oor Blake se karakter en rol. Ek dink nie hy is die slegte ou nie, al lyk dit so met wat hy aan Lola gedoen het. Groot spekulasie, maar kan hy daar wees om Asher se dood te wreek?
    19. Alhoewel Blake en Justin sterk mededingers is, dink ek dit is steeds dokter Adri.

  8. Rochelle Bouwma (Bookstashelly) Avatar
    Rochelle Bouwma (Bookstashelly)

    1. Ek dink dat Blake sal verstaan, hy was self ‘n psigiater voor hy in Trauma begin werk het.
    2. Ek dink nie ons gaan haar weer sien nie. Ek dink die toneel was om ons te wys dat die hospitaal baie geweldadige gevalle sien.
    3. Ek vermoed Justin is die een wat vir Lola treiter. Hy is ‘n ware bully.
    4. Ek dink Lola sukkel om haar sussie se doop te verwerk en Asher se moord op te los is ‘n coping mechanism.
    5. Ek dink Melissa kyk in ‘n sogenaamde perfekte verhouding vas.
    6. Ek dink dat Juliette die hoof van die dwelm smokkelary is.
    7. Ek vermoed Asher het dit begin om vir meer pasiënte se behandeling te betaal wat dit nie anders kan bekostig nie.
    8. Ek is eerlik nie geskok gewees nie.
    9. Die dink Blake is Asher se boetie en is besig om die Struamann 4 te treiter vir sy broer se dood.
    10. Ek dink Asher wil haar wys dat hy vir Blake ken en dat sy hom kan vertrou.
    11. Nee ek het bly hoop dat hy haar net sal huis toe neem.
    12. Ek het so vermoed ja.
    13. Ek dink die ander kode behoort aan Herman, maar dat Justin die kaart gesteel het.
    14. Ek dink dat almal se leuens hulle nou inhaal.
    15. Ek dink Blake is die een wat Lola se huismaats treiter.
    16. Ek vermoed dat Justin die moordenaar is.

  9. Toni Van Der Westhuizen Avatar
    Toni Van Der Westhuizen

    1. Ek dink Blake sou sy reaksie “wapen.” Hy is te berekend om bloot veroordelend te wees; hy sou daardie inligting gebruik om Lola te oortuig dat sy nie haar eie sintuie kan vertrou nie, wat hom meer beheer oor haar gee.

    2. Daardie vrou was soos ‘n kykie in die donker hart van die onderwêreld waarmee die hospitaal verbind is. Ek dink sy was meer as net drama; sy is ‘n herinnering dat die dwelmnetwerk gevaarlike tentakels het. Ons gaan haar dalk nie fisies weer sien nie, maar haar impak gaan bly hang.

    3. Justin se optrede is die definisie van toksies. Deur haar privaatheid so te skend, het hy probeer om haar sosiaal te vernietig sodat niemand haar ondersoek ernstig opneem nie. Ek wed dit was hy wat die boodskap gelos het—dis sy manier om sy “dominansie” te wys en haar uit die huis te treiter.

    4. Gedeeltelik ja, want sy het haarself in sy wêreld ingeplaas. Maar daar is ook iets dieper: Lola soek onbewustelik verlossing vir haar sussie se dood deur Asher se moordenaar te vind. Sy probeer ‘n storie regmaak wat sy nie kon stop nie.

    5. Melissa is ‘n meester van selfbehoud. Haar verskoning voel dalk opreg in die oomblik, maar sy sal altyd haar eie loopbaan en veiligheid bo Lola s’n kies. Ek dink sy is jammer, maar nie jammer genoeg om die waarheid te praat nie.

    6. Boelies regverdig hulle wreedheid dikwels as “net ‘n grap.” Deur daardie kakkerlakke te gebruik, het hulle Asher gedehumaniseer. Dit was ‘n magstryd—hulle wou hom breek omdat hy geweet het wie hulle werklik is.

    7. Dit voel of die hele hospitaal op ‘n kaartehuis van “side-hustles” gebou is. Shane en Juliette se gesprek bevestig dat korrupsie nie net tot die ST4-huis beperk is nie, maar deur die hele sisteem vloei.

    8. Dit gooi ‘n interessante skaduwee oor Asher. Hy was nie ‘n perfekte slagoffer nie, maar eerder ‘n komplekse anti-held. As dit sy idee was, wys dit hoe desperaat hy was om die sisteem van binne te manipuleer, moontlik om sy eie planne te finansier.

    9. Olivia se onthullings is die ontbrekende legkaartstukke. Dit bevestig dat die vorige groep studente mekaar verskeur het lank voordat Asher gesterf het. Dit maak die atmosfeer in die huis nog meer klaustrofobies.

    10. Blake jok omdat hy sy eie agenda het wat niks met Lola se veiligheid uit te waai het nie. Hy steek waarskynlik sy persoonlike verbintenis met die hospitaal se donkerder transaksies weg—hy is te “glad” om bloot ‘n onskuldige dokter te wees.

    11. Dit was ‘n skokkende wending. Dit wys dat Lola besig is om die reëls van die samelewing te laat vaar om haarself te beskerm. Sy is nie meer net ‘n slagoffer nie; sy is besig om net so gevaarlik soos haar vyande te word.

    12. Daardie dogtertjies was ‘n manifestasie van haar skuldgevoel oor Mandi. Of sy was bedwelm, of haar psige het finaal gekraak onder die druk. Dit was ‘n sielkundige waarskuwing van haar eie brein.

    13. Ek dink Asher se verskyning is haar intuïsie wat uiteindelik deurgebreek het. Asher (haar onderbewussyn) sê vir haar wat sy lankal vermoed het: Blake is die grootste gevaar omdat hy die naaste aan haar is. Sy gaan definitief luister, want sy het niemand anders oor om te vertrou nie.

    14. Dit was ‘n briljante, bose plan. Wat is ‘n beter manier om van ‘n ondersoekende joernalis of dokter ontslae te raak as om hulle as “mal” te sertifiseer? Dit maak haar heeltemal magteloos.

    15. Dit was die enigste oomblik van ware lig in die storie. Dit wys dat daar nog hoop is vir Lola, solank sy mense buite die invloedsfeer van die hospitaal en Blake het.

    16. Ek vermoed daardie kode behoort aan Blake of selfs die Professor. Dit is die kode van die persoon wat die hele operasie van bo af dophou sonder om self sy hande vuil te maak.

    17. Duke probeer sy eie bas red deur Justin voor die bus te gooi. Dit wys dat daar geen lojaliteit tussen hierdie studente is nie—hulle sal mekaar opvreet sodra die druk te groot word.

    18. Blake was daar om seker te maak sy “pakkie” (Lola) word afgelewer. Hy moes die narratief beheer tot op die laaste sekonde.

    19. Ek dink dit was ‘n gesamentlike poging, maar die finale stoot het dalk gekom van iemand wat ons as “veilig” beskou het, soos die Professor of selfs Blake, om ‘n los draad vas te knoop.

  10. Danielle Reddy Avatar
    Danielle Reddy

    Ek voel hy sal redelik begripvol wees daaroor. Hy gee nie vir my die indruk dat hy vinnig mense afskryf nie.

    Ek is nie seker of sy weer gaan opduik nie, maar daai oomblik was nogal intens. Dit wys net hoe rof dinge kan raak.

    Justin gee my net slegte vibes. Wat hy gedoen het was totaal uit lyn, veral vir iemand in sy posisie. Ek sal nie verbaas wees as hy agter die boodskap sit nie.

    Ek dink dis meer haar ou gedagtes en onsekerhede wat nou net sterker word met alles wat aangaan.

    Ek wil haar glo, maar iets voel nog nie heeltemal reg nie. Haar connections maak my bietjie skepties.

    Dit voel vir my hulle het dit as ‘n grap gesien, maar daar was definitief iets donkerder agter dit.

    Ek is honestly net verbaas oor hoe baie mense ingetrek is in die hele storie. Dis chaos 😭

    Dit wys net hy was nie so eenvoudig soos wat mens dalk gedink het nie. Ek wonder of hy tog goeie bedoelings gehad het met die geld.

    Ek het lankal gevoel daar is spanning daar, so dit was eintlik goed om uiteindelik meer duidelikheid te kry.

    Hy hou beslis iets terug. Ek kan nie mooi sê wat nie, maar hy voel nie heeltemal oop en eerlik nie.

    Ek onthou nie eers daai deel mooi nie 😭 so dit het nie regtig my opinie van haar verander nie.

    Ek het dadelik gedink daar is dalk iets wat haar beïnvloed, nie noodwendig iets bonatuurlik nie.

    Dit voel nie vir my of dit direk oor Blake gaan nie. Meer asof daar iemand anders is waarna verwys word.

    Ek het dit glad nie sien kom nie, dit het my heeltemal gevang.

    Ek was regtig verlig. Dis nice om te sien sy is nie alleen nie.

    Die prof maak vir my sin as ‘n moontlikheid, veral met alles wat al genoem is.

    Ek was eerlikwaar heeltemal uit die veld geslaan 😭

    Ek kan nie daai spesifieke oomblik mooi onthou nie, maar hy is so oral teenwoordig dat dit amper verwag word.

    Ek hou nog my opsies oop, maar ek kyk beslis na Justin of die prof as moontlike skuldiges


Share This Article

Facebook
Twitter
Pinterest

Related Reviews